Feeds:
Bydraes
Comments

Om te “laat gaan”

Laat gaan is nie om op te hou omgee nie—dit bedoel net ek kan dit nie doen vir iemand anders nie

Laat gaan is nie om jouself af te sny nie—dit is die realisasie dat ek nie andere kan beheer nie

Laat gaan is nie om nie te doen nie—maar om te leer van natuurlike gevolge

Laat gaan is nie om op te gee nie—dit bedoel die uitkoms is in my hande

Laat gaan is nie om ‘n ander te blameer nie—dit is om die meeste van myself te maak

Laat gaan is nie om reg te maak nie—dit is om te ondersteun

Laat gaan is nie om te veroordeel nie—maar om mense toe te laat om te wees wie hulle wil

Laat gaan is nie om in die middel te wees en die uitkoms te beheer nie—maar om andere toe te laat om in beheer te wees van hulle eie noodlot

Laat gaan is nie om te beskerm nie—dit is om iemand anders toe te laat om realiteit te aanvaar

Laat gaan is nie om te ontken nie—maar om te aanvaar

Laat gaan is nie om te ‘nag’ en te argumenteer nie—dit is om my eie tekortkominge te ondersoek en reg te maak

Laat gaan is nie om te kritiseer en almal te beheer nie—maar om te word waaroor ek droom

Laat gaan is nie om berouvol oor die verlede te wees nie—maar om te groei en te lewe vir die toekoms

Laat gaan is om minder te vrees en meer te lewe!

Baie dankie Hedgie, vir hierdie baie netjiese “spring-cleaning” boodskap!

Die Pastorie-tannie

Ja, julle wat so lekker spot met haar – wel HIER is sy.  Kyk hoe vlieg sy.   Jy sien net ‘n BLUUUHHHRRRR!

Girly, ek kon die versoeking nie weerstaan nie!

Tipies vrou :wink:

Sammi1

Tik of spelfoute?

Rustig, jy het my regtig so laat lag met jou stelling van ek gee nie om oor spelling nie, en toe ek netnou gaan kyk na hoekom sekere ou goed by my gelees word, toe dog ek maar JY is mossie die enigste ene nie – hoe VIND mense sekere inligting OF is google nou al so multi-lingual dat dit omtrent enige iets wat naastenby sin maak kan opspoor?

Soekterme

Die klein dingetjies

Dis die klein dingetjies

wat saak maak

Die glimlag en die hande

wat uitreik en wat dien

die uitsoek van wat pas

die moeite wat mens doen

vir ‘n ander

die luister en die hoor

die kyk en die sien

die aanvaarding van wees

Dis die klein dingetjies

wat saak maak

want wanneer DIT in plek val

en lê

kom die groter dinge

vanself

Stukkies Vreugde

So van onder die moeras

Klim mens stadig uit

met die hulp van geduld

wat langsaam bou

en breek word beter

elke dag ‘n bietjie meer

tot daar vrede is

tot daar rustigheid is

tot daar meer lag as trane is

en jy gryp ‘n stukkie vreugde

en môre bou mens verder

tot waar stukkies vreugde

in ‘n pot gesit kan word

wat geluk genoem sal word

Pikkie se tag

Pikkie, Sammi het nog nie regtig gedink aan reëls om mee te lewe nie. Ek leef maar net en doen maar net. En as sulks is DIT hoe ek lewe.

Wees die beste ouer wat jy kan wees

Wees die beste kind wat jy kan wees

Wees die beste gade wat jy kan wees

Wees die beste vriend wat jy kan wees

En probeer ‘n verskil maak

Dis eintlik maar al Piksie.  Eenvoudig en simplisties

Mail van Marietjie

Hallo almal!

Hier in die Karoo gaan dit baie erg, en die boere begin nou hulle vee verkoop. Gister het die abbatoir in Graaff-Reinet begin boere wegwys aangesien hulle nie meer kan verwerk nie… Mede kinders van die Here, bid veral vir die boere in die Oos-Kaap, waar dit maar baie swaar gaan met die droogte.

Al kom hierdie mailtjie ook 20 keer verby jou pc, kan jy elke keer saambid. Onthou Jesus se gelykenis van die knaende vrou en die ongeduldige regter? Hoeveel eerder dan nie ons Hemelse Vader nie? Ons land begin brand, en niemand het raad nie. Ons mense is arm en honger, en daar is te min genade en te veel anderpad kyk. 2 Kron 7:14 “…..as my volk, oor wie my naam uitgeroep is, Hulle Verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van Hul Verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe En Hulle land genees.”

GEBEDSAKSIE Ons doen dit soos volg: Wanneer jy hierdie e-pos ontvang, dan bid jy sommer daar waar jy nou sit. Nadat jy gebid het, dan stuur jy hierdie e-pos aan soos die Gees van God jou lei.

BID SAAM: Hemelse Vader ek bid vir berou en bekering. Vader ek bid vir vergifnis van my sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. En dat daar ‘n positiewe verandering in Suid-Afrika sal plaasvind. Ons bid dit in die Naam van JESUS. Amen

VERSOEK: Moenie hierdie e-pos uitvee nie BID SAAM en stuur asseblief aan! Dit maak nie saak wie hiermee begin het nie, maar dit maak saak wat jy hiermee gaan doen. Mag die Here se genade, liefde en voorsiening oor elkeen van julle baie groot wees.

“Verkoop” van my area

Soos lank gelede in een van my vorige “posts” het ek verwys na die tydperk van 1996 waar ek op hierdie area afgekom het.  En na die uiteindelike verhuising vanuit Jozi hierheen. Dit was nie ‘n gebied wat onder normale omstandighede sin gemaak het nie want dit was nie een van die “in” areas nie. Daai tyd het vriende gepraat van Knysna, Hermanus en George as DIE areas. Noodwendig het ons na daardie gebiede ook gaan kyk en ek WOU hê dat die George area MOES werk. Maar dit het net nie “gepraat” met my nie.

So het ek dan nou meer as een keer per jaar terug gekeer na die Laer Suidkus en op die ou end het ons daar gaan bly in 2003. Toe was huise nog BAIE goedkoper as meeste ander plekke by die see en kon ons ‘n plek met die allerbeste uitsig oor die rivier, gholfbaan en see maklik bekostig. Intussen het eiendomme vir driedubbel soos meeste plekke in die land.

Die area is ruig. BAIE ruig en standplase is meestal ‘n halwe akker of meer. En lugfotos wys meestal net bome, maar ELKE standplaas het wel ‘n huis op.

Sheppie2

Daar is ‘n snelweg wat hardloop vanaf Durban tot onder by Southbroom en die ou hoofpad tot by Port Edward. Wanneer mens van een dorpie na die ander ry het mens die keuse om OF die snelweg te gebruik OF Marine Drive (ou pad). Elke dorpie (almal lê knus langs mekaar) het sy eie winkel sentrumpie asook sy eie poskantoor. Dit maak die lewe baie makliker vir noodsaaklike dienste.

Sheppie3

Wat my opgeval het destyds was die feit dat plaaslike regeringsdienste verreweg beter was as DIE van Jozi. En dat die mense soveel “reiner” geleef het. En dat hul meer simplistiese uitkyk op die lewe verfrissend was.

Die gebied lê langs die Indiese Oseaan waar mens somer en winter kan swem. Die branders maak dit ‘n lushof vir diegene wat hou van “surfing” in enige vorm denkbaar en meeste mense is op een of ander manier betrokke by die see. Daar is selfs diegene wat daagliks uitgaan om vars vis te gaan vang vir hul eie tafels en ook om te verkoop.

Geriewe:

‘n Menigdom van klein familie restaurante en OF eetplekkies.  Baie  klein outydse watergatjies waar die plaaslike mense vergader.

Twee groot winkelsentrums waar mens alles kry wat mens nodig het plus jou gewone restaurante en Fliek teaters.

Biblioteke, BAIE goed toegerus (van die beste in die land) – KZN is bekend vir opvoedkundige beginsels – spruit nog van die koloniale era.

Skole:

Jou normale laerskole en primary schools en ‘n baie goeie hoërskool wat onder Afrika se top 100 skole val. Hul kry nogsteeds uitstekende matriek resultate. En die kinders is meestal ontspanne en bring baie tyd saam deur na skool. Dan is daar ‘n privaatskool (kyk uit oor die see) wat van graad 00 tot matriek is. Hulle resultate is ook baie goed.

Kerke:

Die gewone Moederkerke asook Churches maar my gunsteling is ‘n ou kerk wat in die laat 1880’s gebou was deur die “Norwegian Settlers” Dis waar baie van die mense God leer ken het vir die eerste keer. Daar is ‘n baie sterk teenwoordigheid van Hom daar.

Hospitale:

Twee privaat hospitale, waarvan een ‘n Netcare produk is plus die normale provinsiale hospitaal. Daar is ‘n oorvloed van dokters en tandartse. Baie spesialiste doen weeklikse of twee-weeklikse besoeke in die area vanuit Durban.

Wat om te doen in jou spaartyd:

Die area tussen die Umzimkulu rivier en die dorp, Umtentweni, word na verwys as die Sandspit. Hier vang die manne (en vroue) vis. Binne die Shad seisoen is daardie are VOL vistermanne. Hoekom Sandspit? Want met baie reën raak die mond vol sand en moet dan uiteraard weer oopgemaak word anders is die gholfbaan en Klubhuis onder water.

Sheppie4

Gholf en nogmaals gholf. Daar is ‘n totaal van sewe gholfbane tussen Scottburgh en Southbroom waarvan Southbroom s’n van die mooiste is in die land.

Sheppie8

The extreme Five: Waar jy by die Oribi Gorge kan spring, white-river rafting, ens ens. Daar is mos BAIE water en BAIE riviere.

Lake Eland is ‘n privaat “Game Reserve” met blyplek en ‘n swaaibrug en uitkykpunt oor die Gorge. Die Umzimkulu rivier strek vanaf die Drakensberge tot by die see.

Sportvelde

Sheppie7

En see bedrywighede. Alle vorms denkbaar. Mens kan ‘n boot huur wanneer dit die Sardientjie seisoen is en agter die walvisse en dolfyne aanry. Hierdie is ‘n spektakel van formaat want DIS wanneer die seevoëls in hul derduisende afduik in die water om te verorber totdat hulle moet rus op die water. Hierdie “Sardine -run” is ‘n baie groot gebeurtenis, maar dis die area nie elke jaar beskore nie.

Huispryse

Huise is nogsteeds goedkoper as in meeste ander plekke langs ‘n kuslyn en daar is redelike goeie waarde vir geld. Daar is ‘n groot verskeidenheid van verskillende tipe huisvestings. Property 24 is ‘n goeie plek om te gaan kyk.

Sheppie9

Besigheidsgeleenthede:

BAIE!  Ek kan nogsteeds nie verstaan hoekom “Call Centres” nie daar opgerig word nie. Want die plaaslike mense werk vir minder en grond is goedkoper.

Maar daar is wel ‘n waarskuwing soos volg:  How to make a small fortune on the South Coast? Come down with a big one! Want baie vakansiegangers binne seisoen, ervaar die buzz van Margate en Uvongo en besluit summier om in OF ‘n restaurantjie OF ‘n drankwinkel te belê en besef nie hierdie tipe besighede is seisoenaal nie.

Dit is ook die hoofkantoor van “The Holiday Club” vir goeie rede.

En uiteraard boerdery bedrywighede. Meestal groei die ouer (meestal derde generasie) boere suikerriet. Maar die gesegde lui mos: If you want a broom, plant a broomstick. Dit is ‘n wonderlike plek om sub-tropiese plante te kweek vir uitvoer doel-eindes.

Algemeen:

Port Shepstone is ouer as Johannesburg. Dit het begin met die ontginning van Luim wat vandag nog gedoen word as deel van sementprodukte. Die weer is op sy beste tydens Julie skool vakansies omrede humiditeit erg is vir omstreeks 4 maande van die jaar tussen Desember en April. Tog kom meeste vakansiegangers juis in daardie periode om die strand van Margate te geniet. Die Umzimkulu rivier was destyds die grens van die Ou Natalia en die gebied tussen die Umzimkulu en Umtumvana rivier (skeiding tussen KZN en die eertydse Transkei was bekend as “No-mans Land” waarheen kriminele normaalweg gevlug het en weggesteek het van die Britse Polisie. Die Umzimkulu se mond was gebruik as ‘n hawe in die laat 1880’s vir die vervoer van luim na Durban. Maar agv die see se onderstrominge en vele skeepwrakke is dit stopgesit en is daar later aan die noordekant van die rivier ‘n treindienste ingestel.

Die mense is ‘n goeie verskeidenheid en verteenwoordig:  Afrikaners, Engels-sprekendes, Zoeloes (meestal Pondos) Hindus en Muslims (ek het altyd gegrap dat ons veilig is teen ‘n aanslag van die fanatiese Muslims want soveel van hul eie mense (uitstekende besigheidmense) bly daar.

Ja, lieflike Paradys – jy het diep in my hart gekruip. Is nogsteeds daar en sal ALTYD deel van my bly.

Vandag

Voel ek sommernet uitbundig uitgelate!!!

En gaan met my kind en hond by die see speel – lekker naweek almal!

En ek gaan more begin werk aan my eie huiswerk – miskien :wink:

Ag Man

Laat ek jou nou maar sommer hier antwoord, want ek het mos vertel ek willie meer cloak and dagger speel nie. Plus hierdie sal nou wraggies te veel energie inni vorm van ‘n sms van my neem. Wee’jy toe ek nou jou antwoord lees op wat ek gedink het ‘n redelike terug antwoord aan jou was per sms, moes ek keer om nie uit die bed te val van lag nie! Jy raak darem verskriklik kwaai so laat inni nag! En dan praat jy van kringe ens ( ek hou nogal BAIE van kringe hoor, maar ek verkies om hulle sirkels te noem)

Skies tog vir die draaie wat ek  loop (maar ek is mos tipies vrou  :wink: )  en hopenlik sal jy verstaan.  Ek het regtig aangeneem dat jy gelukkig is met jou nuwe lewe wat jy besig is om te bou, DIE dat jy so stil was MAAR toe onthou ek dat jy net stil met MY was en nie regtig egtig nie. Dat jy maar nogsteeds aanhou om jou kant te regverdig en simpatie te probeer kry vir jou kant van jou waarheid. Is goed so, elke outjie moet maar maak soos hulle smaak.

Maar jy vertel ek moet MY kring aansê om JOU in vrede te los – nou hierin lê my probleem – ek weet nie WIE daardie kring is na wie jy verwys nie. So ek kan nie daai instruksie volg nie al WIL ek. En ek weet nie wat fout is met jou blog nie – watter ene sal “my kring” dan nou na verwys, wonder ek. Die ene wat so kwaai is OF die ene wat alles weet?  Nevermind. Makie sakie.

Wat WEL saak maak is die volgende:

1) Ek reageer nie meer goed op instruksies nie

2) Ek het lank genoeg terug gestaan en toegekyk hoe JY kan seer uitdeel

3)Ek verstom my aan mense soos jy wat nie weet WAAR om die streep te trek nie

4)Ek het WERKLIK  (lees of los) nog NOOIT met enige iemand in hierdie lewe te doen gekry wat so “relentless” oor iets kan aangaan nie.

5) Ek het nog NOOIT in my lewe met iemand te doen gekry wat SO blatant wreed kan optree nie.

Herken jy al die “ekke” waarmee bg punte begin, hmmmm?

Daardie nou klaar gesê, wil ek afeindig om jou wat oor alles lewe gee, mooi te verduidelik dat jy werklik nie regtig daardie vermoë het nie, hoor. Dat jy eintlik maar net sukkel om te aanvaar dat daar mense is wat jou nie nodig het nie (eina! Ja ek weet dit maak seer) maar aanvaar dit nou. Veral nie die kant wat uitkom wanneer die son sak nie.

Gaan jou goed, maar weet dat ek weet dat daar “besigheid” in die Strand gedoen is Vrydag. Mmmmmm – Sammi HET mos x-straal ogies – onthou jy nou weer?

« Newer Posts - Older Posts »