Glo julle elke mens op aarde het sy eie “blueprint” ?
Dat elkeen netso uniek van mekaar verskil soos die duimdruk?
Dat elkeen geskep is vir ‘n spesifieke doel en rede?
Dat elkeen sy eie lewensroeping het, sonder om daarby uit te kom?
En dat daar wel mense is wat hierdie verstaan – en wel hul lewensroeping navolg
OF
Glo julle [...]
Archive for the ‘Uncategorized’ Category
Wie/Wat is ons?
Posted in Uncategorized on November 6, 2009 | 19 Comments »
Vraag 2
Posted in Uncategorized on Oktober 29, 2009 | 10 Comments »
Gaan oor blogs.
Gestel mens is die eienaar/administrateur van ‘n blog en jy laat mense toe om “anonymous” posts daar te gaan plaas. Om oor dinge te gaan bieg. En oppe dag LANK nadat hierdie spesifieke blog dormant is, kom die administrateur op ‘n post af wat marrakkas kan veroorsaak. En sy besluit om een betrokkene [...]
Is jy in ‘n kategorie?
Posted in Uncategorized on Oktober 26, 2009 | 63 Comments »
In watter kategorie blogger (woeraar) val jy?
1) Ek skryf ‘n dagboek vir myself en my gesin, familie en vriende?
2) Ek skryf oor my hond, my kat, my lewe en my liefie?
3) Ek skryf vir erkenning/populariteit?
4) Ek skryf want die Afrikaner se stem is stilgemaak en dis ‘n uitlaatklep?
5) Ek skryf want ek wil ‘n verskil [...]
Somerset-Wes se grootste verkoop punt
Posted in Uncategorized on Oktober 21, 2009 | 18 Comments »
Gaan Maandag 19 Oktober 2009 na plaaslike (hoof) polisie-stasie om my vermiste selfoon te gaan aanmeld.
Saak nommer 10/10/2009
Wat beteken daar was slegs 10 kriminele sake aangemeld vir die hele Oktober tot en met die 19e.
Veiliger hier as meeste ander plekke in SA?
Die Pastorie-tannie
Posted in Uncategorized on Oktober 20, 2009 | 19 Comments »
Ja, julle wat so lekker spot met haar – wel HIER is sy. Kyk hoe vlieg sy. Jy sien net ‘n BLUUUHHHRRRR!
Girly, ek kon die versoeking nie weerstaan nie!
Tipies vrou
Tik of spelfoute?
Posted in Uncategorized on Oktober 19, 2009 | 27 Comments »
Rustig, jy het my regtig so laat lag met jou stelling van ek gee nie om oor spelling nie, en toe ek netnou gaan kyk na hoekom sekere ou goed by my gelees word, toe dog ek maar JY is mossie die enigste ene nie – hoe VIND mense sekere inligting OF is google nou [...]
Die klein dingetjies
Posted in Uncategorized on Oktober 19, 2009 | 17 Comments »
Dis die klein dingetjies
wat saak maak
Die glimlag en die hande
wat uitreik en wat dien
die uitsoek van wat pas
die moeite wat mens doen
vir ‘n ander
die luister en die hoor
die kyk en die sien
die aanvaarding van wees
Dis die klein dingetjies
wat saak maak
want wanneer DIT in plek val
en lê
kom die groter dinge
vanself
Stukkies Vreugde
Posted in Uncategorized on Oktober 16, 2009 | 14 Comments »
So van onder die moeras
Klim mens stadig uit
met die hulp van geduld
wat langsaam bou
en breek word beter
elke dag ‘n bietjie meer
tot daar vrede is
tot daar rustigheid is
tot daar meer lag as trane is
en jy gryp ‘n stukkie vreugde
en môre bou mens verder
tot waar stukkies vreugde
in ‘n pot gesit kan word
wat geluk genoem sal word
Vandag
Posted in Uncategorized on Oktober 10, 2009 | 3 Comments »
Voel ek sommernet uitbundig uitgelate!!!
En gaan met my kind en hond by die see speel – lekker naweek almal!
En ek gaan more begin werk aan my eie huiswerk – miskien
About Narcissism
Posted in Uncategorized on September 28, 2009 | 2 Comments »
“So what is a narcissist? Someone who preens in front of the mirror all day in admiration? NOT! Ask yourself this: is your partner intensely angered by anything that seems to suggest that he or she might have a flaw? Narcissists will do anything, including brutalizing their own family, to maintain their own feeling that [...]