Glo julle elke mens op aarde het sy eie “blueprint” ?
Dat elkeen netso uniek van mekaar verskil soos die duimdruk?
Dat elkeen geskep is vir ‘n spesifieke doel en rede?
Dat elkeen sy eie lewensroeping het, sonder om daarby uit te kom?
En dat daar wel mense is wat hierdie verstaan – en wel hul lewensroeping navolg
OF
Glo julle is ons sommer maar net hier, om doelloos te vat en gryp?
Om net te bestaan, dag na dag?
Ek is besig om iets weer deur te werk wat ek jare gelede mee begin het, en indien julle belangstel, sal ek deel soos ek leer. Dit gaan oor ons eie unieke lyne, merke ens op ons hande, vingers en palms.
Die reis saam met my deurmaak?
Tot volgende week – ek loop die naweek bietjie weg!
Tata
XX
Natuurlik verskil ons almal dag en nag van mekaar, maar daar is inhirente ooreenkomste in elkeen se persoonlikhede wat maak dat jy ‘n tipe mens is.
Ek glo ons hele doel hier op aarde is liefde.
Vriendin, ek glo dit vas dat elkeen van ons uniek is. Nie net wat fisiese eienskappe aanbetref nie, ook die derduisende selle waaruit ons bestaan. Ons selsamestelling is soos selfoonnommers …………… daar is nie twee wat dieselfde is nie. As ek daaraan dink dat God ons almal so geskape het, kan ek net sê ONGELOOFLIK WONDERLIK! Geniet jou wegbreek.
Ons is mos nes almal anders op die aarde uniek.
Ag Sammi jy weet nou al hoe werk my kop
Dus jy gaan klaar die antwoord ken.
Verseker is ons almal uniek daar mag hier en daar ooreenkomste wees, maar dis dit. Daar is verskille in die oog bv iris en retinal pattern, vinger en voet prints (selfs tong prints).
Brein strukture is verskillend en so kan mens aangaan. Belangrik is dat mense se siele verskillend is……
Dis fantasties man, geen ander mens op aarde is soos ek nie. Aaag ou Teddie sal nou weer gesê het: Ja vrou, die aarde kan net een van jou handle
Nee dankie ek vat en gryp nie net nie, ek soek kieskeurig uit! Ek leef ook nie net van dag tot dag nie, ek het nie genoeg van die belangrikste bestandeel in my lewe naamlik “tyd” om so te mag leef nie. In elk geval is dit nie goed om so te leef nie.
Ek sien uit daarna om hierdie reis saam jou te travel.
Girly? Jy sê liefde is ons doel. Verduidelik, blief – om te gee of te ontvang? Om te verstaan, om te ervaar? Om te groei? Wat behels liefde vir JOU?
Wippertjie – ek mail jou sommer soos ek leer. Het vandag my ander paar hande se afdrukke gekry. Interessant…BAIE interessant!
Oooo, deel asb soos jy leer. Dit klink baie interessant.
Ek glo my doel is om die beste mens moontlik te wees, en dit natuurlik op my eie unieke manier.
Nou maar reg… Hmmm-uhhhm…
‘n Mens moet in liefde hier op aarde verkeer. Jy kan jouself baie gelukkig ag as jy jou lewensmaat vind en in daardie liefde voort leef… maar dis nie die ultimate vir my nie.
Jy moet ‘n liefde ontwikkel wat deur jou skyn wanneer mense na jou kyk. Onthou daai stukkie in die bybel… al praat ek mense en engele tale, maar dis nie uit liefde nie…
Jy moet dinge doen vir ander… vreemdes, kennisse, familie… en jy moet dit uit liefde doen en oor geen ander rede nie.
Wanneer jy in liefde met jou medemens leef dan is jy, glo ek eers die beste mens wat jy kan wees want waaraan anders meet jy dit?
Maar dan wil ek ook net byvoeg…. dis nie te se jy voel soms dat jy iemand se kop teen ‘n muur wil stamp van kwaadgeid nie… partykeer is ‘n mens maar minder lief vir iemand op ‘n bepaalde tydstip
Ek is hier sodat ek my kinders vroeg al lewenslesse kan leer (alles natuurlik uit my foute). Ek is hier om lief te hê met oorgawe. Myself en ander. Ek is hier, want ek wil lewe met oorgawe. Al kry mens in die proses seer, is dit nog steeds die moeite werd. Otherwise who do it? Soos Tony Robbins sê: Live with Passion!!!
Dagsê Soekiepoefie!
Mmmm… interessant.
Blueprint. Ja, Ding het daai gesoek; op ‘n stadium nogals half naarstiglik. Net om te vind dit MOET binne-in manman self geleë wees, ja. Maak net sin. Kan nie vir Ding sin maak dat manman ‘n lewe hier moet kom lewe en dat manman sonder plan of leidraad gestuur sou wees vir daai nie. So, Ding het lankal ophou wonder oor die OF. Ding het begin klipsit oor die WAAR en die HOE.
Vir Ding, na baie klipsit, het dit begin sin maak dat dit in gene, nommers, omgewing, omstandighede en die self moet wees. Gene en self is eintlik maar selfde, ja. So, Ding wil graag lees wat jy leer, Soekiepoefie. Ding het so ligtelik begin loer na die Human Pin Code (dit is hoofsaaklik nommers, maar nie net nommers nie en Ding hou van die kombinasies wat gebruik word met daai – daai loop soos Ding se eie gedagtes). Ding het begin loer na die skrefiesoogmense se manier van kyk na manman se gesig as padkaart. Ding het nog maar altyd gekyk na die stand en invloed van die astrologie, ja. Sien, in dit alles lê brokkies van elkeen se blueprint. Geen twyfel by Ding: elke mens HET ‘n blueprint van wie, hoe, hoekom manman is. En in elke mens se blueprint is manman se kerndoel en lewenstake vervat. Is net so. Klaar.
Nou se dae, met Ding in tweede helfte van hierdie rondte, is dit vir Ding ook belangrik om te sien en te leer van hoe Ding veronderstel was om te wees en hoe Ding inderdaad is en hoe dit verskil – is tyd om die lesse wat Ding in die eerste helfte van die rondte geleer het, toe te pas in die tweede helfte. Om te besin oor wat Ding veronderstel was om te wees en wat Ding inderwaarheid is en of Ding eerder wil wees hoe Ding veronderstel was om te wees en of Ding tevrede is met hoe Ding geword het, sien jy.
Ding leer graag van dit wat jy bymekaarmaak. Kom-kom, wikkel daai boude en kry spoed! Ding wil teen volgende week, wanneer Ding terug is uit die bos, kom lees … is jy nog STEEDS hier?! Vertel jy nog nie wat jy al bymekaar gesit het nie, huhmmmm?
Nou ja, terwyl Ding nou aan’t geselse is:
Ding hou baie van wat Girl sê. Ding se nommers loop ook nogal so wanneer hulle verstaanbaar loop.
Maar as manman nou WEET manman se doel is bv. om liefde te lewe, dan bly die vraag: HOE. Girl, hoe weet jy hoe jy daai lewensdoel van jou moet uitleef?
Hoe weet jy hoe jy jou optrede, jou denke, jou emosies, jou gedagtes moet orden om die beste jy te wees?
Ding vra Dingself: sou God ons werklik bemagtig het met die Bybel en soveel om in te glo; sou God werklik soveel moeite gedoen het soos Hy gedoen het met elkeen van ons, sonder ‘n plan van hoe ons ratwerk werk? Nnnnaaaa, nogal nie die God waarin Ding glo nie. Ding reken nogal daar is ‘n plan vir alles en almal. En Ding reken nogal God stel dit binne ons vermoë om na daai plan te kyk, as ons net wil. Sodat ons kan weet wat, waar en hoe.
Ding het net so ‘n voorsmakie van die lyne van die hande gekry. En Ding is vrek nuuskierig. Sekerlik is daar baie, baie leidrade in die hande opgesluit.
Girl, Ding hou darem maar regtig baie van wat jy hier gesê het. Is net so.
Sooooo, Stoutgatjie, gaan jy nou vir die wp-peoples vra om vir jou te wys hoe hulle se handpalms lyk, hmmmm
Ai Ding – hê tog so biekie geduld. Ek leer mos nou eers weer en mens moet hierdie mos reg aanpak. Ek probeer figure of ek met die vorm van die hand sal begin. Linker of regter
Besluite…besluite…en tussenin moet mens nog brood ook verdien, en kinders rondry.
Maar neeeeeeeee….eers later kan die mense van WP (as hulle wil) hulle s’n wys
Show me yours and I’ll show you mine
En wat het Daniël ons vertel?
En ek hou ook baie van wat Girly te sê het – rivier loop in die oseaan in
DANKIE Girly!
1. Geduld? En Ding in een asem??? Gmf.
2. Wys my joune en ek wys jou myne…. ooooeee, my swak hart – daar’s Ouding se ou ticker nou weer HEEEEEL uit pas uit. Ai.
3. Daniël – gebrek aan belangstelling om kennis te dra van en te weet oor, sal julle almal met julle se boude in baie meer en dieper as die leeukuil laat beland. So, bliksems, maak oop julle se oge en ore en trap ingeligte spore! IS mos wat Daniël gesê het? Moes hy gewees het, ja.
4. Jip, ja, daai ene – rivier in die oseaan in. Daai was ‘n duidelike klipsitsessie.
Met die eerste draai hier in Sodom en Gemora, wil ek myne ook wys…… help ‘n bietjie ag toe Dingeling. Mnr Geduld het nie eers naby my gekom toe hy sy bestandeel uitgedeel het nie.
Ek dink ek moet my pienk spaarvarkie gaan omdop
Dis maar hoe ek my lewe probeer leef… In liefde! Saam daai liefde kom ‘n nuwe les wat ek geleer het. Een wat heel bevrydend is…. vergifnis.
Ek reken niemand (earthling) gaan my lewe vir my beter maak nie… Dit was een van die moeilikste lesse wat ek moes leer in my lewe. So in plaas van wag vir liefde om my kant toe te kom gaan lewer ek maar liefde pakkies af.
Ek ken God en Hy is ‘n God van liefde. Hy sal vir my gee uit genade wat my toekom.
As jy net dag na dag bestaan het jy nog vrae in jou gemoed wat jy te bang is om te beantwoord. Sodra jy die vrae in die oë kyk gaan jy vinnig agterkom wat jou doel op hierdie aarde is.
Ons is almal soos kleipotte, van ons word vroeg gebreek sodat ons liggies kan skyn vir ander. Party potte word nooit gebreek nie, want daar is nie ligte in wat kan skyn nie.
Ek reken solank jou kleipot leeg is, is jy leeg en het jy nie vrede in jou nie. Maak jou pot vol liefde, genade, geduld (ek sukkel met daardie een!), naaste liefde, verdraagsaamheid, bietjie selfsug (jy moet uitkyk vir jouself ook) etc etc etc.
You are the creator of your own happiness. Staan voor die spieël en sê vir jouself : I am worthy! Maak jou pot vol en LEEF!!
Jy wil OF jy wil nie, Rustig?
Hmmmm ja, geduld…geduld… lyk my meer as een van ons sukkel daarmee.
Ok, ek sal m^re hierdie doen.
En dan weer volgende week – ek reken dit sal so 10 inskrywings neem.
Betsie – Clay in the Carver’s hands
Geniet julle naweek! Veilig ry!
Liefies
Ek het hierdie heroorweeg – dit is onmoontlik om hierdie te doen sonder om dit verkeerd te laat uitkom. Jammer Dm, maar indien jy meer wil weet, mail maar vir Sammi
Sammi: Ek gaan niks sê nie. Die een gaan vir my ‘n turksvy bly tot ek dit uitgepluis het. Dit weet jy al! So vir nou wil ek nie!
Rustig, my vriend – dis goed so – ek verstaan