Smaak vir my dat die jonger garde meer positief is oor geleenthede in ons land. Want ek onthou hoe die Afrikaner (toe ook jonger garde) soos die Phoenix verrys het deur BAIE harde werk na die laat 1930’s. En daardie herinnering lê diep – so ja – ek glo werklik dat indien mens net WIL daar wel geleenthede vir ons is. Mens moet hierdie keer dalk net anders dink.
Maar my kop slaan bietjie vas by die ou professies asook besigheidsgeleenthede in ‘n beperkte rigting.
Gee biekie insette hier ouens en girls oor WAAR en HOE julle dink ons wel ‘n verskil kan maak. Waarop om te konsentreer, want soos Betsie en Girl noem, daar is ‘n legio klomp dinge wat daar buite lê
Ek het in tyd groot geword wat jy moes universiteit toe en ‘n BA of een of ander graad leer. Soos een dom nar my eendag gesê het mens is net professioneel as jy ‘n graad het. Ek het die nie net die pot mis gesit nie, maar sommer die hele kleinhusie. Ons is nooit geleer oor eie besigheid begin ensovoorts nie. Die lewe was uitgelê vir jou. Of jy werk vir staat en as pappa ‘n oulike Broederbonder was dan vorder jy vinnig, die res vir een of ander groot maatskappy. Daar was te veel waarde geheg aan geleerdheid en niks “life skills” nie. Ek het regtig nie raad nie. Te oud en moeg vir al die twak! Jammer ons kan nie van die jonger garde hoor nie.
Trap seker nou op tone, maar ag wat!
Interessante debat. Ek het die kommentaar gelees by Aanpasbaarheid2. Almal maak sin. Ek dink nie daar is een waarheid nie.
Ek het nie antwoorde nie, maar ek luister graag. Ek hou van Besieboop se comment dat mens buite die boks moet dink.
Self sit ek vandag met ‘n matrikulant wat wik en weeg oor wat hy volgende jaar moet/wil doen: (a) gaan swot, of (b) sy Britse paspoort kry en boggeroff.
Ek wil net se, daar is ook baie moontlikhede in Afrika self. Vir my is dit ideaal: jy bly darem in Afrika en huistoe gaan is nie ‘n rariteit nie. Almal is net nie lus vir Afrika se red tape (of gebrek daaraan!) nie. En snaaks genoeg, swart Afrikane is wit Suid Afrikaners baie meer goedgesind as ander witmense van Europa en elders.
Rustig, dit klink of jou battery bietjie pap is. Ja, namens ons garde pleit ek skuldig. Met net die beste intensies het ons ook ons kinders aangeraai om universiteit toe te gaan om een of ander graad te behaal. Ook maar net omdat ons geweet het waartoe hulle in staat is. Indien hulle nie die vermoë gehad het om te vorder op universiteit nie, was ons tevrede as hulle die beste watookal was wat hulle kon wees. Ons het dit gedoen omdat (toe ons jongmense was) daar maar bittermin geleenthede vir ons was om universiteit toe te gaan. Geld was daar nie ‘n oorvloed van nie, baie van ons het gaan werk om ons ouers finansieël ‘n blaaskans te gee of om jonger boeties of sussies beter kanse te gee. Sjoe, as julle ons wil stenig daarvoor, voel vry. Jou en jou tydgenote se denkwyse stem verskriklik baie ooreen met dié van my eie kinders, so ek verstaan vanwaar jy kom. Groete
Ongelukkig op dei oomblik gaan jy nie ver kom sonder ‘n graad in Suid-Afrika nie… tensy jy in een of ander familie-besigheid kan instap of so iets. Al gaan jy een of ander familiesaak join, sal ek nog steeds die universiteit aanraai. Jy leer om verskillend te dink oor die dinge wat hulle in skool in jou kop probeer inprent het.
Die truuk is om uit te vind wat daar altyd van nodig is – Accounting en Lawyers – ALTYD. En ek kan jou nou verseker daar gaan altyd werk wees vir wit gesiggies in hierdie rigtings want ons het beter syfer en redenasie vermoëns – Dit is ‘n feit.
Of praat met iemand by die universiteite oor sekere rigtings waarin die kind belangstel. Met ‘n klein verandering in vakke kan ‘n heel nuwe rigting ingeslaan word, waar daar tekorte is. Ek het die ander dag van ‘n professor by UJ gehoor daar is ‘n kritiese tekort aan goeie mense in een of ander biologiese rigting. Praat met hierdie mense, want hulle kry gewoonlik die navrae van die privaatsektor oor goeie studente in sekere rigtings.
Ek ken ‘n girl wat kak swak op skool was, die regte rigting gekies het – een of ander wetenskap-navorsing ding, en nou besig is om ‘n ten volle betaalde doktorsgraad in een of ander navorsing in Holland te doen.
As jy jou feite en navorsing reg het, is dit ‘n kwessie van harde werk.
Vlam: Jou kind sal sy “gat” moet roer as hy Britse Paspoort wil hê. Hulle is deesdae vol nukke al is pappa ook Brit. Sal aanraai jy maak sommer dadelik werk daarvan. Dalk stel ek voor hy neem so breek na skool voor hy die lewe met albei hande aangryp. Dit help soms om so bietjie terug te staan.
Marietjie: Battery is pap. Die ding het seker nie reg uitgekom nie. Wat ek probeer sê het is dat mense univ toe is enige graad gaan doen het juis vir die “sake of a degree”. Ek verstaan wat jy sê. Ek twyfel of ek darem baie jonger is as jy.
Ek is dankbaar my ouers het ons laat doen wat ons wou en nie wat die samelewing dink ons moet doen nie.
Demoerin: Ons kan seker nie almal “lawyers” en dokters wees nie. Mens moet tog doen waarvoor jy regtig lus is en wat jy geniet. Stem dat sekere dinge goed is om op univ te leer, ongelukkig was myne nie.
Ek dink die geheim is passie en aanpasbaarheid.
Kyk in die eerste plek verder as net universiteit. Almal wat BEE se rug ry doen dit met grade. Vandag is dit die tyd wat jy dalk daaraan moet dink om jou hande vuil te maak. As jy daarvan hou om hare te speel, gaan doen dit. As jy daarvan hou om in engins te krap, doen dit. Moenie jou steur aan wat die samelewing verwag nie, maak jouself eers gelukkig.
As jy regtig wil gaan swot, doen dit. Onthou egter dat ‘n graad net ‘n stepping stone is. Jy gaan dalk nooit doen waarvoor jy geswot het nie. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. ‘n Anderse pad, is nie noodwendig ‘n slegter pad nie. As jy wel ‘n hartsbegeerte het om iets spesifieks te doen, wees voorbereid om met ‘n ompad te kom waar jy wil wees.
Onthou dat jy in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaner is. Moet nie spesiale gunste verwag nie. Behandel almal soos jy graag behandel wil word. Ek het al aanbiedinge gekry van my gekleurde kollegas.
As jy regtig sukses wil behaal, gaan niks en niemand jou keer nie.
Rustig, laat ek raai ……………. jy’t nog nie 40 gesien nie!!!
Marietjie: Dan is jy jonger as ek! Oom Rustig vir jou dan! Oor die 40.
‘n Universiteitsgraad is maar net stap 1. Wanneer jy met ‘n graad by ‘n werk instap is jy ‘n absolute groentjie en begin die leerproses van voor af. Eers wanneer jy hierdie leerproses voltooi het, het jy ONDERVINDING. Dis wat werkgewers (ideaal gesproke) wil hê. Dis nou as ons AA en BEE buite rekening laat. Met die kwotastelsels soos wat dit nou toegepas word, het jy ‘n hele paar hekkies om te oorkom. Toelating op universiteit, hard studeer, deurkom, werk kry, weer hard werk en dan uiteindelik ONDERVINDING. As jy nie aangestel word nie, gaan jy nie ONDERVINDING kry nie. Finis en klaar.
Xena,
Ek dink jy praat die waarheid. Lank terug was dit mos ‘n skande as jy nie met ‘n suit en das kon gaan werk nie. Nou is mense wat met hul hande kan werk, in groot aanvraag reg oor die wereld. Universiteit is nie meer die begin en einde van alles nie.
Rustig, dan is dit Tannie Marietjie vir jou. Net nie Pastorie moeder nie! Het jy Republiekwording beleef? Of Dr. Verwoerd se sluipmoord? Elvis se dood? Die kompetisie tussen Elvis en Cliff se aanhangers? Die gehuil in die flieks toe Madame X en Dr. Zhivago gewys het? Ek verlang nou sommer terug na daardie dae. Ai, hoe gee ek nou amper my gryse ouderdom weg!!
Klink meer na volks moeder as jy my vra!
Nie met net 4 kinders nie, Rustig, om daarvoor te kwalifiseer moes jy omtrent 18 van die bloedjies hê. Een van my hupse voorvaders het hoeka 18 kjinners gehad. Heel duidelik het hulle nie televisie gehad nie.
Neeeeeeewat, g’n getannie vir JOU nie Marietjie! Netnou dink die mense ek is regtig so oud soos hulle mee koggel! Jy kan maar vertel dat jy nie grys hare het nie…
Alles danksy die botteltjie ………. of is dit nou ‘n buisie? Jy’s baaaaaaaaaaie jonger as ek. Die feit dat Ouboet en my no.3 saam op skool was, beteken niks nie.
Ek stel voor julle twee (Marietjie en Sammi) kan begin blog onder die vaandel “Pasop vir die Oumas”!
Nou maar reg….
Ek is tans opsoek na ander werk, om verskeie redes. En dit is wat ek vanaand sit en dink
* Ek het deur die koerant geblaai en bietjie op agenskappe se webblaaie rond gesnuffel en daar is verseker werksgeleenthede – En ek sluit aan by DMI en wat ek vroeer gese het… dit gaan net oor jou rigting wat jy inslaan.
* Op bitter min van die advertensies word BEE of EE aangedui, wat volgens wet daar moet wees indien die pos aan ‘n voorheen afgeskeepde siel gaan
* Salarisse is wel nie so hot nie, maar daar is baie benefits wat kan opmaak
En persoonlik… Is ek bitter spyt oor ek nooit die rigting ingeslaan het wat ek altyd wou nie. I saw something shiny en het fokus verloor. Ek sal vandag se jong(er) klomp aanraai om nie te doen wat jou passie is nie, maar liewer waarom die mark draai.
GvS: Voortrekkers slegs as hulle kaalvoet oor die Drakensberg geloop het. Soos ek Marietjie se CV lees klink dit of sy gedurende daardie tyd groot geword het.
GvS: Ek moet van jou verskil. Ek is regtig gekant teen dinge doen net omdat dit in vraag is in huidige werkers mark. Mens moet dit in gedagte hou, maar om te dink jy eindig met ‘n beroep wat jy vir die res van jou lewe verag, maar slaafs doen is nie kwaliteit lewe nie. Ek twyfel of ons op die aarde gesit is om slawe te wees van die wêreld.
Miskien moes ek dan net bysit dat jy nog steeds iets moet doen binne jou aanleg!
Wat ek eintlik graag wil doen as beroep en wat ek weet ek kan doen en wat ek doen is werelde van mekaar af.
Ek moes by regte gebly het
Ek doen nou net iets wat ek kan doen, maar nie noodwendig elke oggend my laat jeubel van opgewondenheid nie
Wat ek graag wil doen is om ‘n onderwyser te word
Eintlik is dit moer sad dat ‘n18 jarige so ‘n groot besluit moet maak oor sy lewe. Jy MOET die resessie in ag neem en jy MOET die land se politieke agtergrond in ag neem. Dit is die werklikheid. Passie kom daarna tweede as jou passie jou nie ‘n ordentlike, standvastige werk gaan besorg nie.
Maar dis my opinie want in MY werklikheid sal my passie my nooit ‘n ryk ou tannie maak nie. Die kerk (as ek en die kat saam oud word) of my man sal dan vir my moet sorg (sou ek man vang
)
Ek dink nog steeds dat enige jongmens (en die nie-so-jonges ook!) hom/haarself so goed as moontlik moet bekwaam. Hetsy deur ‘n technikon of universiteit of deur ‘n vakrigting te volg. Dit is die grondslag.
Soos dit nou al baie duidelik bewys is, is dit bitter moeilik vir ‘n paleface om op gelyke grondslag te kompeteer vir aanstellings in Suid Afrika. Binne hierdie feit lê daar beide ‘n struikelblok en ‘n geleentheid opgesluit, die struikelblok natuurlik voor die hand liggend. Die geleentheid: Ek sou dit ten sterkste aanbeveel vir enige gekwalifiseerde jongeling om buite die land se grense te gaan werk vir solank as moontlik en sodoende die internaionale blootstelling te kry.
Nou vir die geleentheid binne die landsgrense. Met die nodige ondervinding agter die blad, hetsy dit buiteland opgedoen is of soos in die geval van die pre ‘94 generasie, ter plaatse in die arbeidsmag is daar een sektor wat alle ander in die land oordonder. Opleiding.
Regstellende aksie het ‘n ongelooflike vraag na vaardighede laat onstaan oor alle sektore van die ekonomie. Daar is baie goeie inisiatiewe wat deur die regering aangebied word vir instansies wat opleiding kan verskaf, enige opleiding in enige veld. As jy skills het, doen jou navorsing, praat met die relevante instansies en begin opleiding gee in jou veld. As die R 5 milj wat die afsnypunt vir SEB is jou pla, diversifiseer jou besigheid as dit na ‘n moontlikheid begin lyk en bestuur 2 besighede wat elk 4.5 miljoen verdien. Slimmer, nie harder nie!
‘n Volk werk hom vry. Wit mense en veral Afrikaners kan maar gerus ophou kla en weer konstruktief begin bou aan ons toekomste hier, ‘n toekoms wat hierdie slag alle burgers insluit. Want ten spyte van alles wat gebeur het en steeds besig is om te gebeur is Afrikaners bouers en planmakers, nie vernietigers nie. Tel jou kop op, maar buig jou rug. Dit is hoe jy ‘n verskil maak.
- END OF SPEECH -
Rustig, toe die dagga opgeraak het, het ek liewer die vliegtuig gevang!
Plaasjuppie, ek hou van hoe jy dink. Skoolopleiding is nie genoeg nie, een of ander tersiêre opleiding is bykomend nodig. Dit hoef glad nie universiteit te wees nie. Tech, kort kursusse, vakleerlingskap en spesialis kursusse sal almal help.
My laaste woord …………… doen die beste wat jy kan, hier of in die buiteland maak nie saak nie. God het nie net Suid Afrika geskep nie en Hy sal jou stuur waar Hy jou wil gebruik.
Vader nou rook Ouma Marietjie nog “aap twak” ook vir die rumatiek!
PJ: Is honder persent met jou. Jammer dat technikons nie meer daar is nie. Was die wonderlikste naskoolse leer plek. Almal wil seker graad hê en Technikon gee nou nie so iets nie. So my geleerdheid is nou ook niks meer werd nie.
PJ
Jy kan enige dag weer so ‘n speech maak!