Gisteraand sit ons aan tafel en praat oor werksgeleenthede vir ons as blankes in Suid-Afrika. Vir volwassenes uiteraard en laatlam haak af en sê “But that is ridiculous – how is this country going to survive if people in Government departments get appointed on the colour of their skin, nevermind their capabilities? – It is reversed apartheid!!”
En ek sê “No, it IS apartheid. Not reversed. It just is”
En hy skud sy kop in ongeloof en vra: “How do two wrongs make it right?”
Want nou word mense aangestel in posisies nommer 1 as Swart Vrou en Dalk, ja slegs DALK daarna sal ‘n swart man konsidereer word.
Maar ons het hierdie mos geweet, dat dit so blatant gemaak sou word. In almal se gesigte. Ten spyte van die feit dat infra-flippen-strukture uitmekaar val.
Vraag is: Hoe pas JY as ouer aan om jou kind nogsteeds te laat voel hy/sy het regverdige kanse in hierdie land?
Ek weet ek moenie, maar het my nog nooit juis aan reels gesteur nie.
Ek dink die geheim is om ‘n mens se kinders te leer dat die lewe onregverdig is. Ek glo vas dat ‘n mens (ek) die stuurman van sy/haar (my) eie lewe is. As jy nie kanse kry nie, skep hulle self. Dit is nie maklik nie, maar sukses is ook nie maklik nie.
Ek was al vir 10 maande sonder werk oor my velkleur. Ek weet dus waarvan ek praat.
Ek het natuurlik geen vooraf kennis as ouer nie, so hierdie stukkie is bloot spekulasie.
Om jou kind enigsins te laat glo hy het ‘n kans op regverdige en gelyke indiensneming is om hom op ‘n dwaalspoor te lei. Die beste wat jy kan doen is om hom/haar sommer van vroeg af al te laat verstaan dat die kanse bitter skraal is en om te fokus op die areas waar daar geleenthede bestaan om self employed te wees.
Ek stem saam met julle altwee. Ons moet eerlik met ons kinders wees. Al is dit moeilik, maar dan is dit tenminste die realiteit.
OF ‘n goeie professie OF eie besigheid?
Maar die dae van Corporate lere klim is agter die rug.
Aan die ander kant, as jy nie meer welkom is op plek of jou vernuf word nie benodig, is dit dalk tyd om na ander plek te gaan waar jy welkom is en vernuf.
Dit is tyd om vir laatlam te leer dat daar is wye wêreld en dat hy sy eie lewe skep en patriotisme nie kos in jou mond gaan sit nie.
Sjoe, ek is bly ek het nie op die oomblik hierdie probleem nie. Ek dink die motivering moet daar wees met die wete dat net die beste gaan uitstyg – maak nie saak van velkleur nie – En jy moet poog om die beste te wees.
Miskien is hierdie ‘n vraag vir Mnr. Muller?
Demoerin: Ek dink op die huidige oomblik is omgewing geskep waar die beste nie gegun word om sy “skill” te bewys nie. Dit is moeilike een die veral onder jong mense wat in die huidige tydperk moet ‘n loopbaan begin. Dankbaar ek het nie “offspring” nie.
Dm – ongelukkig in regerings poste is alle bevorderings asook nuwe poste gesluit vir almal behalwe meestal swart vroue. Maak nie saak of sy beste is of nie.
In Besigheids-opsette waar die turnover meer is as R5m per jaar – word BEE mos afgedwing. En BEE veroorsaak 51% weggee aan ander. So nou begin jy ‘n suksesvolle besigheid net om later seggenskap te verloor?
Met corporates kan meriete dalk nog ‘n rol speel, maar slegs een uit elke 11 aanstellings mag blank wees agv van AA.
Ja, Rustig – dis DIE dat ons jongmense maar moet oopkop hou en ouers moet na die beste geleenthede hier asook elders kyk. Die w^reld is darem nie meer net SA nie.
Vandag moet mense met werk seker dankbaar wees. Ek weet nie
Klink vir my either way na ‘n blaasoppie
Ek moet ongelukkig byvoeg, die groot rede hoekom ek in buiteland sit is nie agv AA nie, maar die houding van die blankes toe ek as afgestudeerde werk gesoek het. Hulle het eerder ‘n buitelander indiens geneem ten duurste as om eie op te lei. So ek het ook soms maar regtig min simpatie vir blanke besigheids mense as hulle kla oor die swak gehalte van arbeid.
“The seeds you sow will be the harvest you reap!”
So iets maak my sommer hoogs betjoinks Rustig – en inderdaad is jou aanhaling uiteindelik waar.
Blixems! Baie van hulle WAS uiters arrogant!
God kyk na sy kinders Sammi… Of jy nou wit, swart of pienk is… Jou kleur maak nie saak nie. Hy sal omsien en seker maak daar is geleenthede vir jou. Ek glo dis hoekom dit so belangrik is om so na aan Sy wil te leef.
En ek weet mense gaan my aanvat, maar die wete gee my hoop. Daar is nog baie geleenthede daar buite. Ja… misdaad en geweld het ook na aan my kraal gewei… en my kringetjie word al hoe kleiner van die mense in my lewe wat nog nie daar deur geraak is nie.
Dis maar hoe ek dit sien.
Maar as jy nie vir die bulle skree nie is daar GEEN hoop vir jou nie!
Og ou Girly
Jy praat darem maar my taal – ek hou tog so baie van wat jy sê…JIP!
Ek skree NET vir die Bulle wanneer hulle deel maak van die Springbokspan – o dander DAN is hulle stunning!
Op die ou einde meot mens gaan waar daar vir jou geleenthede is. Ek het ongelukkig ‘n “verkeerde”beroepskeuse gemaak in die sin dat as jy nie iemand ken of bereid is om te lieg en bedrieg nie, jy nerens sal kom nie en die kleur van jou vel tel natuurlik ook teen jou. Ek wil soms net weet waar al die grootkoppe begin het wat ons onervare ouens nie ‘n kans wil gee nie!
Dis ‘n fokop man. As jou laatlam in ‘n ander land moet loop werk, sal dit ‘n nog groter fokop wees, want hy is blirbleddiejant. En daar sal nog soos hy wees. En dit maak dit ‘n nog groter fokop.
God sorg? Janee, God sorg, maar dit beteken nie die hele spul kan maar toegelaat word om uitmekaar te bliksem net omdat God sal sorg nie. Op die oomblik, Soekiepoefie, is dit genoeg dat Laatlam bewus gemaak word daarvan dat dit suiwer snort is wat sy geslag gevoer word om hulle koppe saf te maak – die onreg van die verlede word omgedraai met die onreg van die hede, maar ten minste sal hy dan nie meer dink dis REG nie. Onse groen koring word mos geleer dis REG en ons ry elke dag gewillig ons kinders aan om so geleer te word en ons betaal selfs dat ons kinders so geleer word. Myyyy ffffok. Lek my.
Ding, as hierdie land nie die briljante kjinners van ons wil of kan akkommodeer nie, is dit hulle verlies. Ons kan hulle nie aanmekaar lek nie. Hulle moet maar op die swaar manier hulle lessies leer. Hulle wil mos die wiel herondek.
Sammi, ek is bly ons twee seunskinders het werk anderkant die water. Tenminste kry hulle nou ‘n kans. Buitendien het ek nou ‘n kuierplek oor die water ……… en ek gaan dit gebruik. Dis ‘n skande as ek terugdink aan die dag toe hy met die vliegtuig weg is, hoeveel CA’s op daardie vlug was en hoeveel van hulle maats ook weg is, die wêreld vol.
Wat het van my vorige kommentaar (so 3:30) geword, het jy dit gesensor?
Liefde
Voetjies
Indien hierdie land (soos Marietjie sê) nie haar kinders laat welkom voel nie, het daardie kinders geen keuse as om wel ander heenkome te vind nie. En weet jy, wees trots en voel trots op die feit dat jy GOED genoeg was om dit enige ander plek te kon maak werk!
Buitendien “verkeerde keuse”? Vir wie? Vir hulle of JOU? Neewat, vandag is die w^reld ons s’n. Trek wortels op as dit moet – indien daai wortels sterk genoeg is, kan dit enige plek herplant word.
Ding!
Maar ons laat dit nie toe nie! Ons wil tog sekerlik netsoveel erkenning kry as ons mede Suid-Afrikaners! En sekerlik is ons ook netsoveel daarop geregtig – op meriete dis te sê. En dis sommer ‘n pot snort dat hierdie aanvaarbaar is. Fnok!
Marietjie
Nee jong, ek weet nie wat van jou 3.30 kommentaar geword het nie! Maar ek kan dink dat WP dit dalk goed gedink het om daai te sensor – ons dink mos dieselfde!! %^%%##@!!!!!!!!!!
Dit is dalk tyd dat mense hulle kinders moet groot maak om buite die lands grense te kyk. Leer om vir die wêreld te werk, nie vir Suid Afrika nie. Ek het die punt bereik waar ek regtig nie veel omgee vir Suid Afrika nie, al maak dit my soms hoe hartseer. Dit klink dalk baie swartgallig, maar dit is soos ek dit sien. Dit gaan nie beter word nie. Al vir wie ek omgee in SA is vir familie en vriende wat daar bly. As kinders kan buite die grense werk, laat hulle dit toe, kan weer terug keer as hulle so voel. Dit is groot wêreld daar buite en dit is ‘n feit dat Europa in toekoms minder opgeleide mense het vir sekere beroepe. As SA nie jou kind wil hê nie, dan kan hulle maar voort ploeter en in die toekoms uintjies grawe vir kos.
@Kaalvoet – Daar is noe so ding soos verkeerde beroep nie. Jy het tog gedoen dit wat jy baie graag wou. Wie wil dan slaaf wees van samelewing en doen wat jy dink hulle wil hê jy moet doen.
Ek het nie bedoel dat ek die verkeerde beroep vir “hulle”gekies het nie, maar eerder vir my. Dis ongelukkig ook so dat die meeste werk inmy rigting in die staatsdepartemente gelee is en glo my, daai een het ek telkemale probeer! Op die ou einde is dit ‘n saak van jy moet vat wat jy kan kry in SA of jy moet die wye wereld in en dit is nie ‘n slegte besluit nie.
Gaan lees weer Girlie se post oor negatiwiteit. As jy so dink, gaan jou kinders ook so dink dat die land teen hulle is. En as dit by werk kom eendag – Daar is niks anders wat so vinnig raakgesien word as negatiwiteit nie.
Feit is, en dit is ongelukkig waar ja dat BEE ‘n hap uit ons gemaklike lewens van vroeër jare gevat het, maar waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg. Dit gaan oor positiewe denke, en die feit dat iemand aan die ou einde tog nog die werk ordenklik moet kan doen – al is dit agter die skerms weggesteek.
Dm
Sommige mense is negatief en probeer nie eers nie. Ander besef dat hulle teen die odds speel en probeer hulself voorberei om wel iewers in te pas waar hulle skills benodig gaan wees. En ander soos Marietjie en my se UK kinders het vinnig besef daar is beter geleenthede elders. Soos ook Rustig en Kaalvoet.
Aan die einde van die dag gaan dit juis oor wat elke mense se sterk punte moet wees wat UITGELEEF kan en MAG word in hul geboorteland. Dit IS onaanvaarbaar dat ‘n wit jong man NIE dieselfde kanse gegun word as ‘n swart jong vrou nie.
Maar bowenals is die feit dat ons land is OOK ons s’n en dat bowenals as ons wil hê hierdie land moet suksesvol wees, dat mense wat in diens geneem word om vir ONS te werk – staatamptenare – sekerlik top kaliber behoort te wees.
Anders is almal op die ou end swakker daaraan toe
Demoerin, daar is ‘n verskil tussen negatiwiteit en realisme. Ek is realisties as ek om my kyk en luister en waarneem wat gebeur. As my kinders in die proses ook realisties is, dan is ek bly. Ek moedig hulle doodeenvoudig aan, tot op die punt van “nag”, om hulle so goed moontlik, na hulle vermoë, te bekwaam, sodat, indien die deure vir hulle hier toeklap, hulle kan pak en gaan.
Wat betref jou aanmerking “gemaklike lewe van vroeër ” …………… jy is seker so oud soos my kinders (lei ek af) want hulle het gemaklik grootgeword. Nie a.g.v. enige regering of bedeling nie, maar as gevolg van ons en ons ouers se harde, harde werk en bitter swaarkry met tye. Hulle gemaklike lewe is swaar verdien, glo my. Dit het nie sommer op hulle neergereën nie.
BEE is in elk geval ‘n totale klug. Dit begoordeel net sekere mense met die regte konnneksies. Dis ‘n feit wat ons en die meerderheid van die ander volke om die land sal moet aanvaar. Die rykste man in die land op die oomblik het sy rykdom versamel deur BEE. Geen wonder die jong turke wil nou die BEE bevoordeerldes se bates nasionaliseer nie. Groete
Ai, my tikwerk vanoggend. Maar ek hoop julle slimmes sal tussen die tikfoute uitmaak wat ek probeer sê.
Laaste punt: Daar gaan, ek hoop en glo, ‘n punt in die verre toekoms kom waar redelikheid en billikheid weer sal seëvier, en mense nie meer op velkleur getakseer sal word nie. Dit mag dalk net te laat wees vir diegene wat nou, onlangs en in die nabye toekoms die arbeidsmag betree het. Is hulle nie ook geregtig daarop om in vrede die beroep van hulle keuse te beoefen nie? Sela
Demoerin: Ek moet ongelukkig saam met Marietjie stem. Dit kom seker voor as negatiewiteit, maar ek is ook een wat as my voete nat word, dan staan ek in water en moet daaruit na droeë grond. Negatief or realisties? Dit hang seker maar hoe jy daarna kyk. Ek is baie bly dat my ouers my basies op die vliegtuig se trap gaan aflaai het en aangesê is om te gaan kyk wat gaan anderkant aan voor ek besluite neem.
Ek weet die meeste sien dit as negatief en dat ons nie hoop het nie. Ons is tog die afstammelinge van klomp Voorstrekkers en Dwarstrekkers.
Aan die einde van die dag is dit noodsaaklik om realiteit te aanvaar.
Een goeie ding tenminste sien ek vanoggend: verlede jaar nog was die criteria by Ikeys en Wits vir aanvaarding vir Ingenieurswese belaglik gewees. Geskoei op “probable acceptance” moes wit kind 48 punte en kleurling en indier 42 punte en swart 32 punte behaal. Ek sien dit is nou verreweg meer gelyke speelgrond. Net ‘n stelling wat sê daar sal voordeel gegee word aan swartes.
Dalk is daar vordering.
Ek traak nie meer oor tik/spelfoute nie! Ons IS mos aanpasbaar
Dinge het dalk verander, maar TUKS het nog altyd een stel toelatingreels vir ‘n kursus gehad. As jy agtergeblewe was, kon jy vir ‘n oorbrugings kursus inskryf wat jou ‘n beter voet sal gee om op te staan.
Beurse en koshuistoelating word suiwer op kleur gedoen.
Nie as dit by medies kom nie Xena! Daar tel dieselfde reels. Die “agtergeblewenes”se punte vir toelating is baie laer as die res. Been there and done that! Dis oral dieselfde!
Ek sit op die oomblik wel oorsee waar die geleenthede beter is, maar ek doen glad nie waarvoor ek opgelei is nie en dis boonop ook nie ‘n werk wat ek die res van my lewe gaan en kan doen nie. Ek gaan terug SA toe om weer te probeer vir myself en ook vir my familie en vriende, nie oor ek voel ek skuld hulle iets nie, maar omdat ek daar wil wees. AS dit wel nie uitwerk nie vat ek die pad na die volgende land wat my wil he en my kan gebruik.
Wat vir my onverstaanbaar bly, is die feit dat top swart besigheidsmense se kinders nogsteeds as ‘n vorige benadeelde beskou word. Ek dink spesifiek aan die CEO van Eskom se seun (Maroga wat self R1.3m per MAAND verdien) wat met ‘n 80% beurs sit by een van SA se top seuns skools.
En Voetjies – jy is reg, die mediese inname kriteria is nogsteeds belaglik. Ai, ek wens jou sterkte toe vir jou terugkeer!
Shit ja, Kaalvoet.
Ek het van medies vergeet. Was self te wit gewees.
Nee mense…. my oë is nie toe vir realitiet nie, maar negatiwiteit oor die saak gaan jou ook nie help om ‘n werk los te slaan nie. As jy jouself in jou werk van ander onderskei, gaan jy altyd ‘n werk hê.
En Marietjie – Stem nou maar saam met my, die “gemaklike lewe van vroeër” is waar almal uit skool of universiteit uitgestap het, en ‘n werk gekry het… sonder om ‘n uitblinker te wees, maar omdat jy wit was. Die uitblinkers het net dalk die beter werk gekry, maar almal het sonder moeite ‘n werk gekry
Ja, die geleendhede word nou met BEE gedeel, maar dit beteken nie dat daar nie geleendhede is nie. Die meeste corporates stel nog steeds mense aan wat die werk kan doen (en dus meestal wit is)…. en dit gaan nie ek of jy wees wat met ‘n jannie-jammergat houding rondsluip nie.
Demoerin, ek wil nie met jou stry nie, maar praat vanuit my eie boek. Ek het nie sonder moeite ‘n werk gekry nie, en om te vorder moes ek baie hard en lang ure werk. Lyk my ons het net in verskillende tye en op verskillende plekke geleef. ‘n Mens het nie nodig om ‘n uitblinker te wees om ‘n goeie werker te wees nie. “Dedication” en “commitment” was belangriker eienskappe om te hê. As jy in daardie dae ‘n jannie-jammergat houding gehad het, sou jy in elk geval ook nie lank gehou het nie, al was jy lelieblank.
Ek dink nog al die pad dat daar wel geleenthede is. Kanse is dalk skraal maar daar is verseker nog hoop.
Ek dink egter die veld van expertise waarin jy jouself bevind mag jou kanse op beter geleenthede beinvloed. Dit skryf ook jou salaris voor…. Sekere velde bied dus beter geleenthede.
Ek weet nie hoe dit voel om af gedank te word oor ek ‘n 52 jarige middelkas blanke man is nie… maar ek het gesien wat dit aan my pa doen. Ja, ek verstaan die realiteit al te goed maar dan begin ‘n mens maar self geleenthede soek en as jy oor die water moet gaan werk… sien dit as ‘n geleentheid.
As my pa vir my gese het my kind, help nie jy gaan swot nie want daar sal nie vir jou geleenthede wees nie dan sou ek mos in sak en as gaan sit het en net op gegee het. Ek dink ‘n mens moet eerlik alle opsies met jou kinders bespreek en van daar ‘n ingeligde besluit neem.
Help nie ons skop teen die prikkels nie. Die realiteit is hard. Maar moet net nooit ophou hoop nie.
Leer jou kinders dat jy moet baklei vir wat jy wil hê in die lewe. Niks kom net na jou kant toe oor jy oulik is nie.
Ongelukkig is ons in ‘n nuwe era van apartheid, maar die oplossing is eintlik (ek dink) baie maklik.
‘Consult’. (my afrikaans ontgaan my vandag
) Ongelukkig is daar baie mense in verskeie posisies wat nie bevoeg is nie. Indien jy bevoeg is om die werk te doen, doen dit van jou huis af, op jou eie tyd, vir meer geld, sonder ‘n ‘baas’ wat jou opdraand gee.
Ons kruip maklik weg agter die swart man / vrou wat eerder die werk kry – trek jou vinger uit jou alie en gebruik die gesonde verstand van die Liewe Heer jou gegee het tot jou voordeel. Die werksgeleenthede is legio, maar ons is ‘geleer’ dat jy ’standvastigheid’ nodig het in die vorm van ‘n huis, kar en werk wat vir jou medies- en pensioen voordele bied. Stront. ! Wie nie waag nie gaan nie wen nie.!
Is in elk geval wat ek my sussie-kind leer — dink bietjie BUITE die boks en die gras is nie altyd groener aan die anderkant van die draad nie.
Mmmmm, Betsie – ek hou van – jip ek hou van – maar gee bietjie meer detail, blief! Bedoel jy om te konsulteer aan diegene wat nog moet leer?
Girly, jip, ons MOET onsself kwalifiseer inne rigting – al IS dit net om die beste skoonmaker te wees. Baie beslis MOET mens skills opbou!
Ag jelsterasie, hier kom agterossie ook in… Ek leer my arme 5 jarige nou-al – voordat hy nog skooltoe gaan – Jy is goed, jy is slim, jy MOET hard werk, jy moet die beste wees wat jy kan wees, jy MAG nie moed opgee nie, jy MAG word wat jy wil, ek en pappa SAL agter jou staan en belangrikste van alles, JY MOET OP JOU KNIEë BLY…. En verder bly ons op ons knieë en glo dat maak nie saak waar nie, ons kind die beste sal wees wat hy kan wees… soos wat hy geskape is…