| Soms
Vers nr. |
Is dit noodsaaklik om stil te wees, jouself oop te stel en na Hom te luister. Soms is dit nodig dat Hy jou lei deur jou direk na ‘n gedeelte in Sy woord te neem. Sodat jyself beter kan verstaan en groter insig kan kry.
Spreuke 18 |
|---|---|
| 1 | Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging. |
| 2 | Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak. |
| 3 | Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande. |
| 4 | Die woorde van ‘n mens kan diep waters wees, ‘n bruisende stroom, ‘n bron van wysheid. |
| 5 | Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige en om die onskuldige sy reg te ontsê nie. |
| 6 | ‘n Dwaas praat hom in ‘n rusie in, hy soek slae met wat hy sê. |
| 7 | ‘n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is ‘n dodelike strik. |
| 8 | Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik. |
| 9 | Een wat nalatig is met sy werk en een wat alles afbreek, is tweelingbroers. |
| 10 | Die Naam van die Here is ‘n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling. |
| 11 | Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad, as ‘n hoë muur wat hom beskerm. |
| 12 | Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer. |
| 13 | Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande. |
| 14 | Moed laat ‘n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie. |
| 15 | ‘n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. |
| 16 | ‘n Geskenk maak vir ‘n mens die pad oop en gee hom toegang tot mense met mag. |
| 17 | Iemand wat in ‘n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom. |
| 18 | Deur ‘n beslissing van die Here te vra, kan rusies besleg en sterk mense uitmekaar gemaak word. |
| 19 | ‘n Veronregte broer is ontoegankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort. |
| 20 | Deur die regte woorde te gebruik, kan ‘n mens sy honger stil, hy kan genoeg kry om te eet deur wat hy sê. |
| 21 | Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra. |
| 22 | Wie ‘n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here. |
| 23 | ‘n Arm mens pleit, ‘n ryke antwoord skerp. |
| 24 | Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer. |
En so praat God
November 2, 2009 by Sammi
Daar is ‘n hele paar van hierdie Spreuke wat so raakvat in vandag se lewe, dit is scary!!
Soveel wysheid / pitkos / waarhede vasgevang in hierdie stuk.
dankie sammi dat jy my herinner het aan ‘n paar ….
O nou praat jy mos my taal!! Spreuke het my al telke male dinge in perspektief laat sien.
When in doubt, go back to basics!
When all else fails, follow instructions
En net partykeer hoor ons nie wat saakmaak nie, né! Want ons WIL nie.
Spreuke is mooi…. maar weet jy nou wat is depressing… Prediker!