Feeds:
Bydraes
Comments

Archive for Oktober, 2009

Vraag 2

Gaan oor blogs.
Gestel mens is die eienaar/administrateur van ‘n blog en jy laat mense toe om “anonymous” posts daar te gaan plaas. Om oor dinge te gaan bieg. En oppe dag LANK nadat hierdie spesifieke blog dormant is, kom die administrateur op ‘n post af wat marrakkas kan veroorsaak. En sy besluit om een betrokkene [...]

Read Full Post »

Vraag 1

Jip, ek gaan nie meer hier speel nie. Ek wil nou omswaai na Demoerin se Waaroor ek Wonder.
En vraag 1 is: Waaroor gaan die lewe?

Read Full Post »

Is jy in ‘n kategorie?

In watter kategorie blogger (woeraar) val jy?
1)  Ek skryf ‘n dagboek vir myself en my gesin, familie en vriende?
2)  Ek skryf oor my hond, my kat, my lewe en my liefie?
3)  Ek skryf vir erkenning/populariteit?
4)  Ek skryf want die Afrikaner se stem is stilgemaak en dis ‘n uitlaatklep?
5)  Ek skryf want ek wil ‘n verskil [...]

Read Full Post »

….. Die lewe gee ons ‘n skoon blad met musiekbalke en ‘n hele toonleer note, wat jy speel en hoe jy sing is elkeen se eie keuse en uitdaging.
My man vertel vir my dat musiek uit diep, diep emosie gebore word. Ek nooi jou kom luister saam met my na die melodieë, wat oral om [...]

Read Full Post »

Gaan Maandag 19 Oktober 2009 na plaaslike (hoof) polisie-stasie om my vermiste selfoon te gaan aanmeld.
Saak nommer 10/10/2009
Wat beteken daar was slegs 10 kriminele sake aangemeld vir die hele Oktober tot en met die 19e.
Veiliger hier as meeste ander plekke in SA?

Read Full Post »

Om te “laat gaan”

Laat gaan is nie om op te hou omgee nie—dit bedoel net ek kan dit nie doen vir iemand anders nie
Laat gaan is nie om jouself af te sny nie—dit is die realisasie dat ek nie andere kan beheer nie
Laat gaan is nie om nie te doen nie—maar om te leer van natuurlike gevolge
Laat gaan [...]

Read Full Post »

Die Pastorie-tannie

Ja, julle wat so lekker spot met haar – wel HIER is sy.  Kyk hoe vlieg sy.   Jy sien net ‘n BLUUUHHHRRRR!
Girly, ek kon die versoeking nie weerstaan nie!
Tipies vrou

Read Full Post »

Tik of spelfoute?

Rustig, jy het my regtig so laat lag met jou stelling van ek gee nie om oor spelling nie, en toe ek netnou gaan kyk na hoekom sekere ou goed by my gelees word, toe dog ek maar JY is mossie die enigste ene nie – hoe VIND mense sekere inligting OF is google nou [...]

Read Full Post »

Die klein dingetjies

Dis die klein dingetjies
wat saak maak
Die glimlag en die hande
wat uitreik en wat dien
die uitsoek van wat pas
die moeite wat mens doen
vir ‘n ander
die luister en die hoor
die kyk en die sien
die aanvaarding van wees
Dis die klein dingetjies
wat saak maak
want wanneer DIT in plek val
en lê
kom die groter dinge
vanself

Read Full Post »

Stukkies Vreugde

So van onder die moeras
Klim mens stadig uit
met die hulp van geduld
wat langsaam bou
en breek word beter
elke dag ‘n bietjie meer
tot daar vrede is
tot daar rustigheid is
tot daar meer lag as trane is
en jy gryp ‘n stukkie vreugde
en môre bou mens verder
tot waar stukkies vreugde
in ‘n pot gesit kan word
wat geluk genoem sal word

Read Full Post »

Older Posts »