Ons almal probeer antwoorde op ‘n stadium vind oor WAAR ons inpas en HOE ons inpas in hierdie lewe. En my vorige soeke het gegaan oor WAAR ek geografies inpas in hierdie land. Daarna moes ek uitvind WAAROOR ek gaan, want slegs deur jouself weer te gaan uitpak en te leer ken, kan mens die pad vorentoe SIEN. En slegs deur partymaal op die grond te lê en jouself op jou knieë te DWING en oor te gee aan verwardheid en seerkry en dan weer aanmekaar probeer sit stukkie vir stukkie kom mens by jouself uit. En daardie laaste stukkies gebeur dan ook net wanneer mens ontvanklik is en gaan hulp soek by ‘n ekspert.
Wat het ek vandag, na al die uitpak en aanmekaarsit geleer?
Dat vir ‘n mens om optimum MENS te wees, elke gebalanseerde mens uit drie dele moet bestaan nl:
Kind, Volwassene, Ouer. Al is mens nie in die werklikheid WEL ‘n ouer nie, maar dit verteenwoordig OMGEE.
En soos ons ouer word behoort al drie daardie elemente in verskillende situasies teenwoordig te bly, afhangende van WATTER situasie jy jouself bevind, sal die een wat dan benodig word sterker na vore tree.
En om ‘n verhouding met ‘n lewensmaat goed te laat gaan, moet jy verkieslik iemand probeer vind wat al drie daardie ook het. Want as JY die rol oorneem as OUER in ‘n verhouding en die ander bly die KIND, sal daardie verhouding vorentoe skipbreuk lei. En daardie KIND sal aanhoudend na jou as OUER verwys en op jou steun. En hierdie is die belangrikste deel: Twee volwassenes behoort mekaar te erken as net dit: VOLWASSENES en op daardie vlak kommunikeer met die verwysing na die ander twee soos en wanneer nodig. Mens moet die KIND (Fun) in jou lewe nooit laat verlore gaan nie.
Indien mens dan in ‘n verhouding staan sonder al drie hierdie teenwoordig, kan daardie verhouding skade lei MAAR meer belangrik GAAN daardie mens/e nooit sy of haar potensiaal bereik nie. En mens verloor integrale dele van jouself in daardie proses.
En bowenals moet mens nooit die vers in die Bybel vergeet nie: Die liefde lê BO alles. BO hoop en BO geloof. Sonder liefde is mens onvoltooid.
Goed gaan julle – gaan vind julself. My stryd was nie maklik nie, maar dis gewonne.
Dat jy gekry het waarna jy opsoek was, daaroor is ek bly.
Dat jy nou moet gaan is verstaanbaar maar steeds effens hartseer. Elke “ou” blogger wat groener weivelde gaan soek laat ‘n dor kolletjie in ons gemeenskappie wat nooit weer sal toegroei nie.
Gaan jou goed, en stuur groete aan bekendes as jy hulle sou sien
“Sien volgende keer onder die skaduwee van die groen bome langs die rustige waterstroom.”
Gaan jou ook goed Sammi. Dankie vir al die lekker gesels. Mooi loop.
Ek hoop regtig hierdie is nie die einde van jou blog nie. Ek het dit so geniet om hier te lees. Daar is nie aldag tyd vir bel nie, maar ek kan darem tussen die werkery deur lees en op hoogte bly van julle dinge. Liefde
En nou? Is dit klaar? Is daar nie iets anders wat jy moet soek en vind nie?
Die pad was egter lekker nê! Mag jy ook nooit die kind “verloor” nie – Baie belangrik want kindwees is die beste brille om die wêreld mee te beskou.
((((Sammi))))
Dis goed om gedurig te soek en jouself te vind. Want sodoende kan jy jouself verbeter!
Ek is bly jy het hierdie soektog voltooi.
Die liefde …. mmm ja!!! definitief bo alles!!
Die stukkie waarmee ek in die huwelik bevestig is…..
Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,
is nie bly oor die ongeregtigheid nie…..
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles…….
Geniet jou ruskansie….. sien uit na jou terugkoms!
x x x
…en my dominee het met my eerste huweliksbevestiging sommer maar gepreek oor geldsake
– pleks hy maar gepreek het oor die liefde… og, skoon my draad verloor….
oja, en toe kry ek vir Helge – en ek mag maar KIND wees – en soms mag ek OUER ook wees (dis nou as hy pens en pootjies mettie griep ini bed lê en homself jammer kry – maar ek sukkel om daai een vol te hou) – en as ek soet is, ‘mag’ ek ook Volwasse wees – maar dit kom telkens (vir hom én my) as bietjie van ‘n moerawiese surprise as Mev BB instap
Sammikind – jy weet van allie hartskamers wat ekke het. Joune is ook daar. Ek sal die deurtjie nou maar bietjie toemaak en die bordjie omdraai : “Do not disturb”… maar soms gaan ek dalk saggies klop en op ‘n skrefie oopmaak om te loer – en dan kan jy as jy eendag so voel net sê: “Kom maar in, BB.” Ok? Ok! x
Ek hoop nie jy oorweeg dit om op te hou blog nie! Grrrrrrrrr!!!
Ag nee man Sammi groet jy dan nou? Nou hoe gaan ek met my soeke enige vordering maak as ek nie hier by jou kan kom lees nie? Ek het die kind ding onder die knie, maar nog nie die volwasse ding nie en hoeka nie die ouer ding nie. Weet nie of ek ooit eers daar sal kom nie (definitief nie teen hierdie pas nie).
Kom gou terug – ons moet nog Afrika red!
ciao
(((((Sammi))))) Gaan jy net ʼn blaaskans neem? Ek hoop so, want wp sal nie dieselfde wees sonder jou nie. Jy voel al net so uniek deel van my bestaan soos maatjie, Flippiefanus en ʼn paar van die ander waar ek gereeld kuier.
((Sammie)) kom terug as iemand anders as jy wil, eendag? ek hoop. baie sterke ek lees jy het seer.
Hi julle
Baie dankie virrie inloer en groete en mooi wense en ook die GRRR’s LOL, net om te laat weet MISKIEN sal ek terugkom as ‘n anner en nuwe Sammi (daai sal ek bly) maar is nou besig met nogge skuif en dan sal ek heropweeg/oorweeg of die nuwe en anner Sammi nog iets het om by te dra.
Intussen wil ek julle elkeen BAIE dankie sê vir die vriendskappe wat ons kon bou en die dinge wat ek kon leer.
Tot dan
Keep on Smiling!!!
En oja Flippie – geniet die mooiste Kaap – miskien volgende keer?
En Rosa
Ek’t BAIE naby jou verby gery noudie dag
Skoortjie
Ons moet maar konsentreer op ons Kolonie
Goedgaan, Soekimehhrie?
*Ouding skuif pyp ander mondhoek toe, byt vas, druk hoed dieper oor oge; sug*
Semooeehhr!
Sal Ouding dan maar nou reel vir vlerke klap da’ anne’kant toe en vir jou persoonlik in die oge loop kyk en jou om die lyf nadertrek: WORD WAKKER, WORD WAKKER, Kom wees ‘n rakkehhrrr!! Soekimehhrie, kom vertel nou vir ons wat jy gevind het, toe, blief? Jy nie ons gooi weg nie, toe? Bliefblief?
Sammi, moenie weggaan nie, ek sê ook te moooeeeer met dit. Jy is saam Ding my maatjies nommer een, gelyk, dieselfde…. same-same. Verstaan jy Sammitjie wat beteken same-same … geen verskil!! Julle is; Myne se hartsgoed. Toe jong, Sammi, se nou; “Ag okay, ek bly al is dit net oor Mefri en Mr D so mooi vra.”
Mefri’kie
ag man toggie my arm word soooo maklik gedraai! Net vir jou Mefri – dink ek my koppie voos!
Ek skop mos nou eers hokke om – jinne, jy borduur nogsteeds pragtig voort
Ding
neeeeeee man – ekke rus nounet eers – daai hok se deur is desmoers toe in alle geval – ek leer nou eers biekie vlieg – sien jy nou – gee kans, man! En ommie lyf – GITS!? Ek wetie of DIT so ‘n goeie idee is nie
Daai hekkie lyk uitnodigend!
Jy weet mos nou al teen DIE tyd ek dink jy is ‘n pissie
Goed, dis amptelik: Ding is ‘n pissie.
Maar Confokulatus se:
Man met klein blaas moet goeie oog he en sekuur mik.
So Ding moes eenkeer praat en reg praat om Sammi so die skrik op te jaag dat Sammi wel terugkom kuberdorp toe … Lyk of dit gewerk het
of hoe MTM?
you’ll be back
Thank you for your sharing.
Sjoe ek het jou blog so min besoek nie besef jy gaan deur ‘n dal van doodskaduwee nie….! Nous ek spyt ek het nie meer ingeloer nie…!!!
Hallo Sammi… is jy nog daar…?
Ek wou nog gesê het jy kan nie nou al weggaan nie, die wegraping is eers 21 Mei 2011….!
Johannes Coetzee, is dalk juis oor daai wegraping op 21 Mei 2011 dat 20 Junie 2009 glad nie ‘n slegte datum was nie. Darem net so in beseringstyd…
Ding
20 Junie 2009 ….?
Heng Sammi, ek mis jou by Flippiefanus en sommer orals waar ek kuier!! (((( drukkie)))). Dis nie ‘n troos-druk nie dis ‘n ‘ek-mis-jou-baie’ drukkie.