Omdat ek so lekker lag en huil met JOU kan deel
En ek vertel jou nou presies soos ons altyd praat. Vanmiddag moes ek mos daardie huurhuis se skoonmaker laat loop. En ek ry met die spoed van witlig hier weg toe sy ‘n Please Call me stuur, soos afgespreek. En dit REëN en ‘n flippen bakkie tou ‘n anner bakkie en dit SIT vas voor my. Blixem maar nou raak ek opgewonde want die TWEEDE Please Call me beep. En ek wil WIL verbysteek want die bakkie-bakkie sit NOG stadiger. En ek dog raait, hier’s my kans en ek druk die gocart tot innie rooi, innie reën en die bakkie-bakkie draai regs, voor my in. Maar ek slaat daai gocart se remme soooo styf innie vloer in dat die karretjie sommer tot stilstand sk—d. Gits, man DIT was netjies, en ek dog GITS man, hierrie kar HET remme en dit nogals in die Kaapse reën!!! Nouja, toe kom ek darem nou uiteindelik by die huurhuis uit en gryp die remote en druk die knoppie om oop te maak, maar NIKS gebeur nie en ek DRUK daai knoppie en nogsteeds NIKS!! en ek kyk daai remote en dog IETS lyk verkeerd. Aggeneeeeeeeeee, dis nie die huurhuis s’n nie???!!! Ek het die bleddie sleutels by die huis vergeet!!! Maar nou staan ek daar en ek dink, goed – ek sal nou bel en vir haar beduie om uit te kom. En ek bel toe maar en sy antwoord Heeeellllooooooooo M^rrem, ek sê I forgot the keys at home and can’t get IN, YOU must please come out. En ek kan hoor sy is gepuzzled want nou weet sy nie WAAR out is nie, want hierrie huis het ‘n moerske klomp deure – I kid you not – man en ek luister hoe sy nou soek virre deur maar sy kry dit nie!! KAN jy glo??? En ek beduie vanaf innie kar, mens net hande sien waai en ek loer op ‘n kol na die foon want ek kan nou WRAGTAG NIE glo dat hierdie mens NIE daai deur kan kry nie. Ek bedoel, HOE moeilik kan DIT nou wees??? EN ek sê toe maar, LOS ek sal die sleutels loop haal. Draai toe terug 12km weer en die bleddie foon beep weer, maar ek kannie sien nie want ek het toe nie my bril oppie. En ek ry allie pad terug om die sleutels te gaan haal, weer deurie reën… en die foon beep weer maar ek hou fokus. Hardloop in by die huis en verlig vind ek die bos sleutels wat daar eenkant neergegooi is (ek doen nou nogals sooooo nie daai nie) en hardloop terug kar toe. En jaag so biekie – gelukkig was daar geen verkeer nie en STOP by die huurhuis want ek weet mos nou die remme werk goed. En daar staan M^rem se skoonmaker. Buitekant. BUITEkant. Oi!!!!!
Alle geval vriendin – all good, behalwe dat ek laatlam toe moes gaan soek met die skoonmaker innie kar want daai laaste Beep was HY wat vertel – come fetch me please, maar vanne anner foon wat ek nie ken nie. En toe ek daar kom is HY net weg, maar soos in WEG. En NIEMAND antwoord daai nommer nie??! En nou raak sammi wild want die kind het dan nounou NET vertel ek moet kom. Maar dit REEN en ek is in en uit tussen die geboue deur, sopnat later. En toe dog ek WAAAG ‘n biekie – dis nie HIER waar hy issie. Hy’s mos by daai annerplek wat hy my van vertel het van. Sjit. En die skoonmaker se oge is by nou al ook WILD hoor! Sy verstaan hierie m^rem GLAD nie en vra so mooi saggies. Hmmm…How old you are? En ek kyk haar want sy wil regtig weet en ek dog GOOI jou ouderdom. En sy lag hoor, maar sy LAG toe so lekker dat ek maar saam moes lag want sy het gedink ek’s 10 jaar jonger GhieGhieGhie (Ja DAAI ene)
Nouja, liefste vriendin, dit was my middag gewees.
Ons is darem nou almal veilig terug by die huis
Mooibly!!!
Later!!!!
xxxxxx
Ek sê mos ons kon ‘n tweeling gewees het. Ons val oor klippe en is nerf af, ons stamp ons tone teen alles in die huis, ons stamp ons kop teen die kas se deur…. ons leef!!! As ons bietjie vergeet om dinge te onthou is dit ook ok, solank ons net nie vergeet om te leef nie. Voluit en gelukkig…
Thank you Sammi!! x x
If you know a little of yourself, you will have realised that you are more than meets your eyes in the mirror in the morning. What you see is not what you are. You see the form not the content, the body not the soul, the matter not the mind.
In quiet and profound moments, we innately know that is true. But we forget. The world tells us and wants us to believe that we are what we see – and we take the easy way out. We believe.
That’s why the awakening of spirit and the flowering of our spirituality means we have to keep reminding ourselves, a hundred times a day, I am a soul – not a body, I am an eternal spirit – not a perishable piece of meat. I am quality, not quantity.
I am. Otherwise, freedom is not possible. And if we are not free, in the deepest space inside our own being, we cannot be truly happy.
Hahaha…klink soos iets wat met my sal gebeur…shit!
Bly almal is op hok en veilig.
Verstrooid. Verward. Loskop. Onthou jy darem waar jy jou motor pakeer as jy gaan shop
Pragtig! Skoon trane in my ooge.
Oulike skrywe! Ek sal weer hier kom lees as Februarie in die Kaap aanbreek en ek verlang om te onthou hoe die reen was…