Dankie Ouboet, vir mams se oproep vandag en dat jy kon deel wat ek al so lank voor wag. Onthou jy daai dag amper twee jaar gelede in Jozi toe jy opgewonde vertel het jy het die ring gaan kies en gekoop? Vir jou H. Want jy lief haar, maar dat jy bang was??? Oor wat jy gesien het om jou gebeur??? En toe bring die noodlot vir jou ‘n geskenk. En jy word genoodsaak om te BESLUIT. En NOU het JY. Op Oumie se verjaarsdag. Ek weet jy doen dit vir die regte rede. Ek weet jy doen dit omrede jy haar liefhet en saam met haar wil wees.
Baie, baie geluk Ouboet – BAIE geluk met hierdie baie belangrike gee aan ‘n ander. Dat jy haar genoegsaam vertrou om ‘n lewe saam met haar te deel. Mams wens julle net die mooiste toe. Ek weet julle ken reeds van afdraaipaaie en anders doen as wat mens beplan MAAR jul gaan hierdie nou SAAM aanpak.

H, dearest daughter-in-law to be – this is soon going to be your other Mom and I would love to hear you call me that. Distance makes it near impossible to give you an appropriate gift at this point but I give you what I know best. Remember the day you and M went up the mountain and you looked down. That was the world at your feet. Go get it (((((H))))) Go do life with my boy. And thank you sweetheart, for being there for him. I accept you willingly into this family.

En weereens net sommer ek Mams is en KAN
noujatoe: MOVIT MOVIT
Baie geluk Sammi! Groot besluit van sy kant. Nie maklike ding vir die ma om die laaste paar drade te knip wat hom nog aan die nes vashou.
Geluk … en geluk, neem ek aan
Bie geluk!
Ek bedoel, BAIE geluk!
Geluk en geluk. (fluister fluister-ek dink hulle “are already doing life” )
Wow !! Dis ‘n mooi boodskap aan jou nuwe dogter Sammi!!
Baie geluk!!!!!!
Baie geluk Sammi. Ons wag nou mos al ‘n rukkie vir hierdie goeie nuus. Mag hulle ‘n lang en gelukkige lewe saam hê. Die eerste stap is geneem en ek voel sommer aan dat die ander dinge in plek gaan val. Mag ek maar vir R en I in die Ukay vertel? Ek wil mos nou nie my voorbarige self wees nie. Miskien wil M self vir hulle vertel. Dra my gelukwensinge ook aan hulle oor, ek het mos nou nie meer sy e-pos adres nie. Baie liefde.
Oeeewiiiieee dankie julle!!! Ek weet Grootseun het hierdie gelees
Hmmmm H1, nee jong dis nog nie daai ene nie, hoor – disse HEEL anner storie.
Marietjie
Vertel die UK kinners, dis mos nie ‘n geheim nie
Dankie vriendin virrie liefde ((((((M)))))))
Ag flip, kan jy nie maar my skoonma gewees het nie!!!!!!!
Baie geluk hoor! Ek hoop jy bly net so ‘n oulike skoonma soos jy nou is
((((((Sammi))))) – Baie Geluk !!! – en nou kry jy een van die dae ‘n dogter – en ek nog steeds nie
ek is skoon jaloers. Mag sy ‘n vreugdevolle aanwins vir julle as gesin wees.
Trou is mos “doing life” (op verkeie metafisiese vlakke)