Is dierbare goed
en as die perde nie meer kannie
dan loop hulle te voet.
Mams, dis waar jou hart nog altyd lê – jou geboorte en grootword wêreld. En vandag is jou verjaarsdag en ek wil jou net ‘n stukkie van daardie gee. Daardie stuk grond wat jou grootword omhels het. Ek wou so graag vir jou fisies soontoe wou kon neem Mams, en jou dankie sê vir al die mooi goetertjies wat jy met jou hande gemaak het vir my. En dankie sê dat jy wel my mams is. En vir jou vertel ek onthou die Rooidam, en die Witputs en die waenhuis. En vir Gideon en Nina. En die groot kombuis en die lag, en veldloop. En die turksvye en die vuurklippe. En ouma Siena. En die bielie-krewe. En sag gebreide bokvelletjies.
Dankie Mams
Mag God jou seën.
Hier is die ou pad soontoe.

En een van die dae Mams, gaan ek weer ons mense kuier en jou vra om my daar te ontmoet
My ouma se wêreld, en waar my ma ook nog woon
Een blomtoer deur daai wêreld en jou hart bly vir ewig agter. Ander tye seker ook. Die Namakwalanders is spesiale mense en het diep in my hart ingekruip. Liefde,
…en so het sy gesorg dat daai stukkie land in jou ook sit, Sammikind. Kosbare stukkies grootword, wat van jou jou gemaak het. x
Niemand kan herinneringe ooit van jou wegvat nie. Koester hulle!
Nou nie in die hart van Namakwaland groot geword, maar het menigte tye daar deur gebring. Ander wêreld met ander mense. Mense met harte so groot soos die vlaktes self. Die stiefkind van Suid Afrika.
My wêreld Emil, dis DIE dat ons mekaar al lankal herken het!
Jy en jou blomme van Namakwaland Marietjie, weet jy, elke keer as ek die blomme-prentjies kyk, dink ek aan jou, Liefde
Oi Beeps, jy maak my nou sommer sag – dankie!
Herinneringe wat steeds bly van mens se wortelsisteem, dm – en die onthou is baie belangrik. BAIE
Sien jy nou Rustig? Oor die herken van ‘n ander – ek weet mos jy kom ook van daardie nabye wêreld. Ek glo daardie mense is tevrede en gelukkig. Benydenswaardig.
Hoe verlang ek nou.
Baie geluk met jou mams se verjaarsdag Sammi!! Ek stem hierdie is baie spesiale mense!!
x x
Deel van Ding se rhhhooots ook, ja. Soeksoek, hartlik geluk met jou mams se gejaarsdag. Wanneer jy haar nou weer sien, sal jy tog asseblief vir haar dankie sê dat haar bloed in jouse are loop lê en bloei. Want die sê Ding vandag vi’ jou – jouse liefde vir jouse land en sy mense issie sommer net deel van jou nie – daai loop diep. Ma’ die weet jy. Mag jou mams ‘n vredevolle gejaarsdag vol vreugde geniet. En mag julle almal altyd weer die ou pad onthou en raakloop, ja.
Dit is ‘n baie mooi deel van die land. Warm, maar mooi. En die aksent is die mooiste
((((Sammi)))) Jy het darem ʼn manier om my gedagtes langs mooi onthou-paadjies te laat wandel. Terwyl ek hier lees by jou sien ek weer De Punt (net duskant Koekenaap) in my geestesoog waar ek soveel mooi herinneringe kon beleef. Ek was laas in 1993 daar gewees, dit lyk seker nou baie anders, maar dit is die prys wat mens betaal vir ontwikkeling.
O ja, en die krewe, ek het my oorhoeks en skoon uit die geniet daarvan geëet.
H1n1- Welkom jong en ooo ja daai plek laat mens gelang, gelang na net menswees!
Wippie – dankie Vonkelfeetjie!
Ding!!! Jy toe nie helemal weg nie
jy sit nog net stoep??
Kom ons gaan lappel tussen die vygies deur en dan onthou ons van daai RHHHoots. Hmmm ja dankie jong!
Carina- Is so né!
((((Mefri)))) Dis ook hoekom ons mekaar lankal kon herken, nie waar nie? Koekenaap was die stasie, jip – daai ene