Dinokeng Scenarios
‘n Vooruitskouing waarheen die land oppad kan wees deur ‘n groep van 35 kenners uit verskeie velde vanuit die land. Hulle het saamgespan om ‘n ontleding te doen oor wat die toekoms teen 2020 vir SA inhou. Hierdie verslag is so drie weke gelede gepubliseer.
Hulle skets drie moontlikhede
1) Loop apart wat behels dat die staat en die burgerlike samelewing al hoe meer verwyderd raak met die regering wat verswak, korrupsie wat toeneem en al hoe meer kriminele wat hul eie ding mag en kan doen. Dis dan ook hier waar individue self moet plan maak soos: privaat-hospitale, privaat sekuriteit en privaat skole.
2) Loop agterna – dit skets die vooruitsig dat die regering al hoe meer ingryp in die burgerlike samelewing en die ekonomie met die gevolg dat die ekonomie nie na wense groei nie en waar daar nie vaardighede en werksgeleenthede geskep word nie en uiteindelik lei dit tot burgerlike onrus. Maw ‘n regering wat al hoe meer outokraties raak en regte ontneem van die gewone burger.
3) Loop saam – .(die voorkeur scenario) dit is die ontwikkeling van ‘n vennootskap tussen die burgerlike samelewing en die staat. Volgens DIE vooruitskouing sal burgers en instansies al hoe groter verantwoordelikheid neem om SAAM met die staat ontwikkeling te stimuleer en te moniteer. Die regering se rol verminder en moet aan die bewind bly deur koalisievorming en goeie dienslewering. Politici is baie meer verantwoordbaar aan die burgers.
Wat intens in hierdie bespreking/verslag ‘n rol gespeel het was die hoeveelheid apatie en sinisisme wat ons in ons samelewing sien binne die besigheidsgemeenskap en ook onder normale individue. Hierdie is kommerwekkend gegewe ons geskiedenis. En ook: die rol van elke burger in Suid-Afrika en hoe elkeen kan vertolk wat sy bydrae kan wees om ‘n sukses van Suid-Afrika te maak. Burgers het in die geskiedenis ‘n reuse rol gespeel om verandering voort te bring. Die groot wekroep in die Dinokeng Scenarios is dat die burgerlike samelewing weereens ‘n groot rol het om te speel in die veranderinge in ons land wat nog moet gebeur om historiese ongeregtighede regtig weg mee te doen.
Voorheen was daar ‘n politieke rede vir die opstand teen ongeregtighede, maar nou wonder mens wat die vonk gaan wees of WIE moet nou lei in die burgerlike samelewing. Daar is ‘n delikate balans oor die tipe van debatte wat nou verder moet plaasvind oor ‘n samelewing wat onder andere deur die ressessie ook getref is asook diens lewering en die volgehoue vlakke van ongelykheid in ons land. . Die kernboodskap in die Dinokeng scenarios is die verskil tussen scenario twee en scenario drie (die loop agterna of die loop saam) in scenario 2 is dat die stem van die individu DIE is van opstand en die boodskap in die 3e scenario dat die burgerlike samelewing oor hierdie kwessies MOET praat in vennootskap met die regering SONDER die toon van opstand en DIS die verskil tussen die twee.
Scenario 3 stel duidelik dat daar ‘n effektiewe staat moet wees. Die staat speel ‘n rol in genootskap met sy burgers .
Hoe gebeur die ideale scenario? Ons moet dit duidelik maak dat ons in SA nie meer ‘n outorit^re staat wil HÊ nie, want die moontlikheid is dat indien ons net agteroor sit en net met tye van verkiesings ‘n merkie gaan maak, scenario 1 PLUS 2 beslis SA se voorland gaan bly. Ons moet aktief debatvoering afdwing by die regte forums. Wat kan burgers van die land dan DOEN omrede hul voel hul staan met afgekapte hande en hierdie scenario twee se houding en probleme van elders kom? Die burgers moet meer begin betrokke raak met aktiewe debatvoering met onder andere polisieforums, skoolrade ens.
Laat jou stem hoor.
Eers moet ons identifiseer waar hierdie “fault line” lê binne ons samelewing voordat ons dit aktief kan aanspreek.
Ongelykhede,Klasverskille, Wat bekostigbaar is, Bewuswording, ‘n Nuwe sin van verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid.
Ons moet meer en meer oor hierdie scenarios met mekaar begin praat. Mense op voetsool vlak moet hierdie deel van elke dag maak.
All hands on deck
All hands on deck
Die rol van elke burger in SA is belangrik en behoort deel te vorm van die oplossing. ‘n Hele paar van hierdie kenners gaan deur die land begin reis om “werkswinkels:” hieroor te reël. Raenette Taljaard was in gesprek met Freek Robinson hieroor op Spektrum gister. Ek glo ons moet hierdie ondersteun wyd en suid. Selfs Trevor Manuel verstaan nogsteeds nie 100% dat scenario drie werklik die oplossing is nie, maar daar is ‘n paar sterk mense agter hierdie inisiatief.
http://www.dinokengscenarios.co.za/ vir verdere inligting
As ek dinge so op afstand kyk en wat rondom ons gebeur, dink ek dit is tussen die eerste twee. Die Kiboets scenario of totale diktatorskap. Ideologie speel groot rol hier. Tyd sal wel vir ons wys.
Interessant. Scenarios bly natuurlik net dit: scenarios. Ek sal bietjie gaan lees, maar ek wonder in hoe verre die scenario-beplanners eksterne faktore verreken het, dws die globale gemeenskap waarbinne SA funksioneer. Onvoorsiene internasionale veranderlikes het ‘n manier om scenarios op hulle kop te keer.
Waar jy sit Rustig sou ek nogal met jou saamstem, maar HIER is daar groot name agter hierdie. Alles begin sekerlik met ‘n ideologie, nie waar nie – om dit wat reg is en voel na te streef – ons doen dit net vanuit verskillende wegspring punte.
Boer – Die sukses hiervan gaan afhang van ons eie mense – Lede van hierdie span reis gereeld oorsee en is BAIE goed bewus van wat oral aangaan. Ek dink juis hul werk gaan ‘n voorbeeld wees vir menige buitelande wat nou vasgevang is in ‘n situasie waar hul regerings genoodsaak word om in te spring en te red wat te redde is – soort van outokratiese besluitneming. Mamphela ken haar storie en Taljaard is Suzman se protogé – dis maar net twee van die mense.
Its up to us to understand how powerful we can be instede van agteroor sit. Dis so.
“Its up to us to understand how powerful we can” – So is dit, ja!
– maar elkeen behoort te kan. Vir my is dit die één non-negotiable ‘reg’ vir elke staatsburger.
Die ding wat my die ergste pla van alles is dat mediese sorg so eksklusief geword het binne die afgelope 10-20 jaar. Dat staathospitale so erg agteruitgegaan het dat dit amper lewensgevaarlik is om soontoe te gaan om die één ding te kry, waarvoor elke LEWENDE mens qualify, juis oor hy nog asemhaal: behandeling!
Ek kan, God dank, ‘n privaat hospitaal bekostig (ok, my versekering kan
Jy is 100% in die kol hier Beeps – dis daardie scenario 1 presies – maar tog betaal ons belasting en die regering het ‘n verpligting om ten volle na sy burgers om te sien. Dis hoekom ons hul na verantwoording moet roep deur hierdie kenners se vasberadenheid. Daar is wel hoop – ons moet net deurdruk.
Ek dink die probleem gaan eerder wees om 80% van die bevolking te oorreed dat alles nie reg funksioneer nie, en dat dit alles nie binne die volgende 5 jaar opgelos gaan word nie. Ongelukkig is Suid-Afrika (soos die res van Afrika) nog te veel vasgevang in die “liberation” gedagte. Ek vir jou – Maak nie saak wat nie – Want jy het my “geliberate”.
As jy dit nie in die grootste gedeelte van die bevolking se koppe kan kry nie, gaan jou stemmetjie te vergeefs wees.
Maar daar is nog altyd dan maar hoop….. maar ek weet nie van ons leeftyd nie.