Terwyl wederhelf in KZN moes huis oppas asook die huisdiere het ek hierdie kant ‘n klomp huise gaan kyk. Om te huur, want die KZN huis het nog nie verkoop nie.
En ek vind toe om en by 5 wat ek kon kortlys.
Nou moet ek bysê, dat die up-country mense besig is om die voorraad op te raap, mense van Johannesburg, Pretoria asook Durban is nou vinnig besig om die Wes-Kaap, maar veral hierdie dorp aan die voet van die Hottentots – Hollandse berge asook die Helderberg, te kom “beset”.
Hmmm ja, ek’t nogal gedink dat dit sou gebeur toe ta’Zille so netjies kom oorneem het.
Wederhelf het afgevlieg die laaste week wat afgestaan is om ‘n huis te verseker vir die gesin.
Hierdie huis is al 35 jaar oud, maar dit het gevoel asof dit vir altyd daar gestaan het. Die groot vensters het uitgekyk oor ou bome na die berge. Uit die hoofslaapkamer kon mens die see aan die regterkant sien.

Die hele agtertuin het bestaan uit natuurlike dammetjies en ‘n watervalletjie. Pragmooi.
En hierdie was die uitsig van bo af – mooier as prentjiemooi.

Ons het dadelik geweet HIERDIE is die IT-house.
Maar dit was ons nie beskore nie, omrede miskommunikasie tussen ons en agente verkeerd geloop het.
Tata, pragtige woning – mag jou volgende inwoners jou so geniet soos ons sou.
Liefste vriendin, dit was nie bestem om te wees nie. Die regte nessie sal op die regte tyd voor julle neerplof! Hierdie dinge is ongelukkig deel van die lewe. Baie liefde … ek weet nou nog nie hoe om die gesiggies te doen nie!
Dis nou ‘n ding! Marietjie het dit reg. Die volgende een is dalk selfs beter. Sterkte verder.
Ja, jong. Soos Sandra nou die dag by my gese het: die regte ding sal op die regte tyd gebeur. Byt net vas!
Nope. Ding se beleid: Soek huis wat lyk soos wanneer jy in die spieël kyk voor jy gaan huise kyk; huis wat lyk soos wanneer jy in die spieël kyk voor jy gaan slaap, sal jou vind, ja.
Julle het ‘n goeie plek gekies om te “beset”. Sterkte met die huis-soek!
Nee Sammi .. jy moet celebrate!!
The best is yet to come. And trust me .. ultimate happiness kom nie noodwendig altyd in die vorm wat ons verwag om dit te sien nie.
Hang in there, jy sal sien. Jy SAL sien .. xx
Hmmmm ja, not meant to be. Dit weet ek nou, MAAR daardie uitsig – DIT is prentjiemooi verby. Tog kan mens tent opslaan in die Kalahari OF oppie strand en NETSO gelukkig wees as in die IT huis. Beslis.
Emil? Jy herken die area?
Marietjie, my vriendin – jy weet dan
Boendie – Dankie, ek byt vas
Ding – dis juis wanneer Sammi in die spieël kyk dat sy aan oud herinner word.
Boer – gewis – die paaie hier het GEEN potholes nie – regtig ongelooflik
Elfie – so waar, BAIE waar! xx
Sammi, iewers wag ‘n huis dat jy in sy arms moet instap, jy sal instinktief weet wanneer dit die EEN is.
Oud…. Het jy al ervaar hoe glip daardie emosie uit jou lyf en gedagtes uit wanneer jy gelukkig voel? Dalk is Sammi net moeg gesoek na Dié huis – dit sal kom en wanneer jy hom gevind het, of hy vir jou
dan skop jy jou skoene uit en ervaar hoe die grond jou voete met ‘Welkom Tuis-soentjies’ be-soen en be-lief.
Daar sal ‘n beter huisie iewers wees! Sterkte met die soektog!
Sterkte met die soektog, ek is seker julle bestemde bestemming lê en wag . . .
Jip Sammi!! … en soms, net soms, staar ons ons blind teen iets wat reg voor ons staan en skree om raakgesien te word… soos Ding sê: die huis sal jou vind, ja!
((((((Sammi))))))….. Jou huisie wag vir jou…. soek net verder…
Ag dankie julle – regtig!
Dalk is dit ‘n karavaantjie!
Ek hou van daai Rustig, met ‘n Harley wat dit trek