Ek gaan vir Ding probeer beskryf soos ek hom leer ken het oor die laaste paar maande maar veral weke.
Sodat mense hom beter kan verstaan. Sodat mense kan ophou wonder oor hom en sy “probleme”. My ervaring – my begrip oor hom.
Ons het mekaar slegs leer ken agter die skerms. En om die waarheid te sê ek ken Ding se van nie eers nie. Ek ken slegs sy eerstenaam. Maar niks hiervan maak saak nie, want ek het Ding leer ken as MENS en as man. Ons het gestoei oor liefde, oor mense en so nou en dan gepraat oor landsake en die ANCYL asook die CNA. Ons het ge-DIEkant toe en DAAIkant toe, nie elke dag nie, maar soos en wanneer.
En oppe dag was my hart bitter seer oor iets en toe het ek hom daarvan vertel, want ek het hom leer vertrou. En ek het uitgereik na hom. Hy het my kom antwoord op stellings/vrae met die diepste begrip, deernis en teerheid. TOE verstaan ek waaroor Ding gaan. En TOE besef ek dat al sy skrywes op sy blog heeltemal en oop en eerlik is. Ding dra sy hart op sy mou.
Maar WAAROOR gaan Ding? Ding gaan oor liefde. Hy gaan deur homself bloot te lê en ander bewus te maak van die lewe en naasteliefde. Maar ook van seer en donker tye. Ek kon nie verstaan hoe ‘n man sy werklike gevoelens SO bloot kon lê nie, homself SO kan oopmaak vir pyn en verwerping nie en dit in die publieke oog. Dat hy kan openlik praat van hoe hy ween en hoe bedroef hy kan word nie. TOT op daardie oomblik.
Ding glo die siel is die alpha en omega – die begin en einde. Ding glo die siel is om God te dien. Ding glo aan naasteliefde en om in almal daardie te verwek. Diegene wat dit nog nie verstaan nie. Diegene wat nog soek.
Maar agter Ding staan ‘n man, LX. En LX raak ook moeg en broos en LX het twee engele. Ene in haar oerwoud naby hom wat baie, baie belangrik is vir ding en LX. En beide sal haar altyd beskerm en na haar omsien. Want dis wat Ding doen. Sy ander engel ver van hom is die vrou by wie hierdie man, wanneer hy moeg is, wou gaan rusplek hê. Maar daardie engel kan nie in hierdie leeftyd nie. Tog sal hul mekaar kan dra deur tye van nood.
En hierdie was my grootste ontdekking van die enigma van Ding. Ding behoort aan almal. Ding is sy twee engele s’n, Ding is joune en Ding is myne. Ding is ons almal s’n. Sy lewensroeping is sy blueprint. Dis hoe dit is. God het so besluit lank gelede.
Toe Ding my eendag vra, Soeksoek wys asb vir Ding ‘n stukkie van ‘n vrou se siel, want ek verstaan nie, kon ek nie – ek het nie geweet HOE nie, want daardie was buite my verwysingsraamwerk. My siel lê in ‘n anner dimensie, Ding – my siel behoort aan God, het ek later besef. Ons het oor siele ook gesels en harte en breine. Want Sammi dink eerste met haar kop en Ding dink eerste met sy hart.
Ding en ek het 6 sleutels gebruik wanneer ons so praat, sonder stemme. Eerlik, opreg, volwasse, met deernis, met regverdigheid (daai een het ek nogal mee gesukkel) en ‘n konneksie.
Ding kon deur my panster dring met geduld en deernis (ek dink aan Boendoe se beskrywing van my: koel Sammi met die vurige hart) – en ek kon leer by ding dat om hartseer en kwaad te raak is ok. Wees mens, wees vrou vertel hy.
Ding, vandag weet ek soveel meer oor dit. Vandag besef hierdie “koel” Sammi dis goed om ook vrou te wees. Om net ook MENS te wees. Ek sê vir jou DANKIE – ek sê vir jou, JY is meer mens as enige ander. JY gee meer as ander en JY is ook net man.
JY, LX vir jou wens ek daardie rusplek toe. Daardie een vrou wat jou moeë mens kan koester en beterder maak. Wanneer jy nie meer op jou eie kan nie.
Hierdie is my gejaarsdag geskenk aan jou. Ek weet nie hoe anders nie. Môre kan jy vir Moedertjie gaan dankie sê dat sy jou in die lewe gebring het. Môre kan jy vir jouself geluk wens dat jy so slim gekies het.
Ek sê hierdie aan bittermin mense LXding – buite my eie mense.
Soeksoek lief jou.
Dankie ((((((Sammi))))))
Ek kon dit nie beter doen nie. Ding is LIEFDE met hoofletters..
Ding is iets mooi’s in my lewe …. en ja, ek lief my Dingeling!!
Happy Birthday to you, Happy to you, happy birthday to Dingeling happy birthday to you ♪♫♪
Ding is lag. Ding is huil. Ding is liefde. Ding is seerkry. Ding is ‘n blixem. Ding is ‘n rakker. Ding is omgee.
Ding is ek en Ding is jy. Ding is Ding. Ding is mens. Ding IS.
Dit is alles in die oë.
Daar waar jy vanaand jou kop neerlê in die groot stilte Ding, mag dit vir jou ook salf wees. Happy Birthday Ding
Ding is special. ‘n Engeltjie.
Al wat ek nog kan sê: Ding is ‘n groot gees. Ding hoort eintlik nie hier op die grond nie . . . Ding is.
x
((Sammi)) & ((Ding))
SOEKSOEK, jy het vir ‘n Ding ‘n monument kom bou – en die kuberruim se mense het vir Ding al menigkeer onverwags so geweldig diep dankbaar en so nederig klein laat voel – maar HIERDIE, hierdie is fenomenaal. Ding het nie woorde nie. Ding het nie woorde vir jou inskrywing nie en Ding het nie woorde vir die oorweldigende kommentaar nie. Elkeen van julle dierbares … ek is tjoepstil. ((((Ding se vriende)))).
Buurman – one has to know one’s own limitations en dis hier waar Ding in die teenwoordigheid van ‘n groot gees waarnemer weet om nou net stil te raak. DANKIE, Buurman.
Sammi, Wips, Ding bid om julle liefde waardig te wees langer as Ding se bestaan.
Beeps, dis die lekkerste rus-holtetjie waarvoor enige mens kan hoop, bid of wens – DANKIE.
Boends – jy’s dierbaar, Ding is maar ‘n rowwe, growwe, onafgewerkte engeltjie, maar dankie dat jy die potensiaal raaksien
Krista – jy hou daardie IS darem op roete … grotendeels. Jy maak dit vir Ding moeilik om af te dwaal, maar hy probeer maar nog steeds, net omdat hy bliksem bly. Dankie dat jy nooit moeg word en moed opgee nie.
Dis inskrywings en kommentaar soos die wat van my ‘n “blog addict” maak. Al wat ek hier lees is my vriende se harte vol van liefde en omgee.
Ding. en ons ook jou liefde waardig sal wees.
As die hele wêreld so vol liefde was, sou daar nie oorloë gewees het nie. Neverland dalk?
Ding Krista hou ons almal op die straight and narrow selfs vir Wip, wat maar al te graag in die modder gaan speel
WIPS, Neverland? Nevaaaa! Elke mens het nodig om te weet iewers is daar ‘n spasie waar jy vry kan asemhaal. Elke mens het nodig om herinner te word aan ongeredigeerde liefde en omgee; juis sodat die balans gevind en geleef kan word. En selfs al IS dit Neverland, dan het Neverland ook ‘n doel in hierdie lewe.
Mr D is die verpersoonliking van diepgewortelde egmenslikheid wat toegedraai is in Ding-siel se ragfynste linnekleed.
Dalk is hy so uniek, omdat hy beskik oor insig en verstaan van persoonlike onsigbare behoeftes, wat in die diepste wese van die mens hunker na bevrediging.
Sy spontane uitreiking, beskerming, betroubaarheid, egtheid, bewus-wees-van… en die moed en durf waarmee hy dit uitleef, weerspieël en oordra aan ander – die uitstraal van karakter en ander eienskappe wat hy in meeste van ons verteenwoordig, maar wat deur onsself verskuil en gevange gehou word, uit vrees vir seerkry en verwerping ens.
Ek glo dit is omdat hy self soekend na volkomenheid is, dat daardie onmiskenbare naamlose dierbare ‘iets’ gestalte in hom gekry het. Ek verwys nie na perfeksie of onrealistiese verwagtinge nie; Ding-is-‘n -Bliksem en als wat daarmee saamgaan ook.
Ja Sammi, daar is ʼn onontdekte rou Ding in ons almal….die grondstowwe is reeds daar en die leermeester/bouer/argitek/ontginner/padkaarthouer ens is in ons midde.
My dierbare ou mentor-maatjie, ons is almal liefies vir die seuntjie en die man (lees Reus-gees) in jou.
Hmmmm ja Ding, ek moes maar ‘n monument vir jou bou, want jy’s te traag om een self te doen – sien jy nou?
En ja – jy HET baie goeie vriende – ons lief jou, dis gewis. En jy MAG maar van agter die skadu’s uitloop – ojaaaa, BAIE beslis! Daar’s vele ander wat jou sal wil ken.
Luister hierna – een van jou anner mense vriende stuur my hierdie oor jou: “‘n Simfonie (playing the heart’s song) .. maar niks om agter te skuil nie .. net Ding .. unrehearsed .. en nie op n stage nie .. maar kaalvoet op die krake van die lewe .. daar waar die grond van dors ken”
Sy het dankie gesê oor hierdie post – ek’s seker jy sal die skryfstyl herken.
Noujatoe, komaan MOVIT MOVIT LXding! Eendag sit ons nog almal om dieselle tafel wanneer ons koppe knik – Hoe’s daai vir jou??
Mefrikie, Ding is nie van hier nie. Finis.
Liewe dierbare (((((Sammi))))) ek is warm en knus bewus van jou teenwoordigheid op hierdie oomblik, wat saggies oor jou blog en deur my gedagtes golf…. iewers hier binne my weet ek; Sammi is besig om Hemel liefde uit te straal.
Ding se MTM – DANKIE – jou insig is oorweldigend. Eerlik. Jy is so reg oor die rou Ding element in elke mens. Ja, dis vir belangrik – dat ons ons voel-deel net soveel aandag en sorg sal gee as ons dink-deel. Dankie – Ding en MTM stap al ‘n laaaaang pad en ons is nou eers by die begin
Soeksoek, hmmmm – daai woorde “Movit Movit” het altyd ‘n uitwerking op ding. Ja, Soeksoek, Ding kyk jou van ‘n ander plek af en Ding staan op die kant van jou lewe, maar jy, JY, is knus is Ding se binnekring-liefdes. En ja, daardie ander van wie jy vertel – daaaar is nou ‘n siel vir wie Ding die allermeeste respek het – unrehearsed en real.
Jou hart is warm, Soeksoek – hoekom anders roep Ding jou van LANKAL af al sy Stoutgatjie, huhmmm? Jy steek dit maar net goed weg
hehehe…. Hierdie monument is gebou om te bly…
Jip Ding – ADSL het ook saamgespeel
En daar gaaaaaaan my monument! Laat vir Ding wonder hoekom Telkom hom ALTYD bedanner!?