Gaan ek weg wees
Maar los julle hiermee:
Wees lief vir jou naaste, wees lief vir hulle ten spyte van hul gebreke. Praat met jou buurman. Praat met die mens voor of agter jou in die ry by die supermark. Glimlag en wees warm teenoor ‘n ander. Leer jouself ken, leer waaroor alles gaan. Vind uit waar jy inpas. En pas aan by dit. Wees net .
Alpha en Omega, Abba LIG.
Dankie vir alles
Tot annerdag
Amen!! En bo alles Sammikie – be kind to the one within.
Until then… xx
Mooi loop (((((Sammi)))))
Soeksoek – jong, ja, Ding wil so graag gepraat wees mee, selfs wanneer Ding hoor iemand roep vir Hennie, Maria of Sipho, draai Ding om en antwoord: “My naam issie dittie, my naam is Ding, maar praat maar gerus!”.
Ding eggo BB se woorde – moenie jouself iewers los en vergeet nie, ne! En onthou om in die spieël te loop kyk.
(((SOEKSOEK)))
Beeps, toe ek daai van jou lees vanoggend, toe dog ek JY Beeps verstaan oneindig baie – en Ding – deur dit te gedoen het, het ek die volgende inskrywing kon doen.
Dankie, julle
Dankie Mefri’kie – jy ook!
Reis veilig, reis goed.