
‘n Seuntjie vra vir sy moeder
“Hoekom huil jy?” “Want ek is ‘n vrou” antwoord sy
“Ek verstaan nie” sê hy. Sy moeder omhels hom en sê “en jy sal ook nooit nie”
Later vra die seuntjie vir sy vader: “Hoekom huil mamma?” “Alle vroue huil vir geen rede nie” is al wat sy vader kon antwoord.
As volwasse jong man vra hy God “God, waarom huil vroue so maklik?”
En God antwoord “Toe ek die vrou geskape het, wou ek haar besonders maak. Haar skouers sterk genoeg om haar gesin te dra, maar ook sag genoeg om jou kop op neer te lê. Ek het haar genoeg krag gegee om lewe te skenk en te aanvaar dat daardie selfde lewe haar dalk mag seermaak. Daarna het Ek haar die tipe krag gegee om aan te hou wanneer ander opgee, om ten spyte van uitputting en siekte haar geliefdes te versorg. Ek het haar die hart gegee om haar kinders onvoorwaardelik lief te hê en haar lewensmaat te aanvaar ten spyte van haar verwagtinge. En TOE het Ek haar trane gegee as uitlaatklep”
“Jy sien, My seun, die skoonheid van ‘n vrou lê nie in die klere wat sy dra OF die manier hoe sy haar hare dra nie en selfs nie in haar gesig nie, die skoonheid van ‘n vrou lê in haar oë – DIT is die deur na haar hart; die deur waar liefde diep gesetel lê. Dis deur haar trane dat jy haar hart kan sien “
“Dankie, God, uiteindelik verstaan ek”

Sammi, mmm, is dit ook die rede hoekom mans nie mag huil nie?
Baie mooi Sammi!
Sjoe Sammie, dit is pragtig! Die laaste paragraaf is baie spesiaal.
Dit is seker die mees akkuraatste beskrywing vir ‘n vrou wat ek nog gelees het.
Flippie: Wie het gesê jy mag nie huil nie?
Rustig, maar is dit nie wat dit impliseer nie?
Haai nee, Flippie, natuurlik mag jy en moet ook huil – dit verduidelik maar net hoekom ons dit so MAKLIK doen. Sodat jy beter kan verstaan, sien?
Ahhh Rustig, it takes a man to notice that!
Sammi, mynsinsiens is die enigste rede hoekom vrouens makliker as mans huil oor die samelewing dit so verwag. As dit nie daarvoor was nie sou mans en vrouens ewe maklik gehuil het.
Dagse Sammi
Vrouens huil maklik omdat hulle weet Eva het alles opgemors deur haar gekarring waar sy nie moes nie.
Baie mooi beskrywing Sammi, amper glo ons dis waar.
Mans wat ware mans is sal huil as dit nodig is, hulle steur hulle ook nie aan wat ander dink reg is in sulke omstandighede nie.
Sammi jy weet ek terg net oor die vrouens onstspan die kuite, ek waardeer die deugde van ‘n vrou self al kom dit deur trane.
Groete daar in die Wind
Sammi: A woman is neither an object to desire nor a slave to put in chains, but the missing piece to complete and perfect the male species life.
(Ek hoop ek onthou nou ouma se woorde reg)
Vrouens is net meer beskaafd- die mag van die “traan” is groter as die mag van die swaard.
Flippie, dink jy regtig so? Sou ons dan ook ewe maklik oorlog gemaak het en sou ons ook meer testosterone gehad het as ons sielkundig anders grootgeword het?
Ridder
lyk my jy is NET so vol emosie as ons vroue as ek al daardie uitdrukkings kyk!
Rustig, oulik – jy laat my ALTYD glimlag met jou vars en diep insig tesame met onskuld…
Duusman, dis nogal ‘n goeie begrip
Sammi, ek weet daar is verskille tussen mans en vrouens, maar ek dink daar word meer gemaak van die emosionele verskille as wat regtig die waarheid is.
Flippie – ek’t nounet daar by Ding gaan inloer – die verskille is nogal ooglopend tog dalk ook dieselfde?!, maar jy moet sterk staan
!
SOEKSOEK:
Ding reken nogals:
As almal nou ewe maklik buitekant toe gehuil het, wie sou wie se trane wegdroog?
Nnnnaaa, moenie die mense stoep toe stuur nie – daai is nie hoe manne is nie; dis hoe Ding is, onthou jy nou weer! Nie almal is sooo nie – dit vertel dan so mooi wat met die helde moet gebeur… ghieghie
Neewat, ernstig: vroue maak vir Ding heel oorhoeks en onbeholpe met trane. Sulke tyd wil Ding hulle binnegoed net bietjie regskuif met ‘n druk dat die trane kan ophou en gewoonlik druk hy hulle traankliere dan dat die trane eers spat – hopeloos te hard. So, deesdae vlug Ouding sommer voor trane. Maar die vrou aan wie se hart Ding behoort, se trane soen Ding sag weg en daardie vrou se kop pas presies in Ding se skouerholte in, Sammi. En ja, dit moet inderdaad so wees – dis omdat Ding daardie vrou se hart in haar vensters sien.
Werklik ‘n besondere inskrywing. Dankie daarvoor.
Dis soos jy in alle geval nog altyd gesê het, Ding – vir die dapperes – Flippie is nou tjoepstil
nadat ek hom gevra het om die verskille te gaan kyk MAAR miskien moes ek ook verduidelik het dat dit gaan oor die verskille tussen die man en vrou se MANIER van uitdrukking gee – skies Flippie – dis wat ek eintlik bedoel het!
Ag Ding, ons wat jou beter ken, weet mos watter pissie jy eintlik is. Vra maar vir Mefri sy kyk deur alles.
Jammer Sammi, ek het by Ding gaan loer maar ek weet nie van watter inskrywing by hom jy praat nie. Ek se^ mos hier bo dat ek weet dat daar verskille is. Die probleem is net dat baie goed wat as verskille tussen mans en vrouens afgemaak word is nie regtig verskille nie. Dis die samelewing wat dit in die mensdom inprogrammeer.
Flippie
Nou weet ek nie regtig hoe om jou te antwoord nie want daar is in my opinie ‘n hengse groot verskil van hoe meeste mans en meeste vrouens aan hul emosies uiting gee TOG is jy reg in die sin dat seuns van jongs af geleer is om groot te word met “Cowboys don’t cry” en al daai snert. Terwyl jul net soveel as ons voel oor iets maar dit nie mag wys nie. Ek hoor wat jy probeer sê – die inskrywing was juis gewees oor hoe ‘n vrou soveel makliker gelees kan word. Miskien kan jy iets skryf oor die gevoelens van ‘n man? Ek kan seker ook, want dis wat in my lewe die grootste invloed het – my manne, maar om binne in hul siele te klim en vir die buite wêreld te laat verstaan is iets anders.
Miskien moet ek iets daaroor skryf, maar dis moeilik, mense verskil van mekaar. Maar jy het my nou ‘n idee gegee, Sammi.
SOEKSOEK:
Jaaa, Mefri met die mooi jas kyk nogal deur alles. Sluiper, daai ene.
Man ja, die hart is daar. Die trane is dikwels ook daar. Maar soos Ding gesê het: as ons nou almal ewe maklik gelees kon word en almal ewe maklik buitekant toe kon huil, wie het dan nou vir wie waar getroos? Iemand moet tog eerste by die deur instap en iemand moet tog laaste aan tafel neersak in ‘n stoel. En hoekom moet dit nie die vrou wees wat net bietjie sagter behandel word nie? Hulle is sterk op soveel ander gebiede. Of dit nou deur gewoonte en opvoeding en samelewing of wat ookal is, feit is dat daar wel verskille is, alhoewel daar ook baie ooreenkomste is.
PISSIE???? Ding ‘n PISSIE??
Skryf Flippie, SKRYF – ek sien uit daarna!
Ding
Raakgevat!
Natuurlik is jy – netsoos jy hierbo dan verduidelik – ai – julle manne darem! ‘n Ieder en elk van julle is een as julle die waarheid in die gesig staar. En dit doen JY, sien? So ja, Ding is ‘n pissie – jipja!!
[...] is van kleins af geleer hoe van hulle verwag word om op te tree. Dogtertjies is emosioneel en huil maklik terwyl seuntjies emosieloos is en nooit huil [...]