Feeds:
Posts
Comments

Wie is Sammi?

Sammi is ‘n vrou en ma in Suid-Afrika

Wat ‘n gemeenskap van Afrikaans-sprekendes by SSSB ontdek het want ons stemme as Afrikaner BLANKES (JA BLANKES) in Suid-Afrika was stilgemaak. En ek het regtig gedink dat ons in die kuberruim iets sou kon uitrig.

Ek wil nie meer cloak and dagger speel nie.

Ek is Vrou en ek is MA

In daardie volgorde

Ek het God lief

Ek het my familie lief

En ek het my vriende lief

En ek is gedoop Hester Catherina Geldenhuys

En my werk op WP is verby.

Ek is dankbaar vir vriendskappe van mense wat ek agter die skerms kon leer ken en met julle sal ek dit verder neem. Julle weet WIE julle is.

MAAR ek loop nou.

Gaan jul goed

Ons almal probeer antwoorde op ‘n stadium vind oor WAAR ons inpas en HOE ons inpas in hierdie lewe. En my vorige soeke het gegaan oor WAAR ek geografies inpas in hierdie land. Daarna moes ek uitvind WAAROOR ek gaan, want slegs deur jouself weer te gaan uitpak en te leer ken, kan mens die pad vorentoe SIEN. En slegs deur partymaal op die grond te lê en jouself op jou knieë te DWING en oor te gee aan verwardheid en seerkry en dan weer aanmekaar probeer sit stukkie vir stukkie kom mens by jouself uit. En daardie laaste stukkies gebeur dan ook net wanneer mens ontvanklik is en gaan hulp soek by ‘n ekspert.

Wat het ek vandag, na al die uitpak en aanmekaarsit geleer?

Dat vir ‘n mens om optimum MENS te wees, elke gebalanseerde mens uit drie dele moet bestaan nl:

Kind, Volwassene, Ouer. Al is mens nie in die werklikheid WEL ‘n ouer nie, maar dit verteenwoordig OMGEE.

En soos ons ouer word behoort al drie daardie elemente in verskillende situasies teenwoordig te bly, afhangende van WATTER situasie jy jouself bevind, sal die een wat dan benodig word sterker na vore tree.

En om ‘n verhouding met ‘n lewensmaat goed te laat gaan, moet jy verkieslik iemand  probeer vind wat al drie daardie ook het. Want as JY die rol oorneem as OUER in ‘n verhouding en die ander bly die KIND, sal daardie verhouding vorentoe skipbreuk lei. En daardie KIND sal aanhoudend na jou as OUER verwys en op jou steun. En hierdie is die belangrikste deel: Twee volwassenes behoort mekaar te erken as net dit: VOLWASSENES en op daardie vlak kommunikeer met die verwysing na die ander twee soos en wanneer nodig. Mens moet die KIND (Fun) in jou lewe nooit laat verlore gaan nie.

Indien mens dan in ‘n verhouding staan sonder al drie hierdie teenwoordig, kan daardie verhouding skade lei MAAR meer belangrik GAAN daardie mens/e nooit sy of haar potensiaal bereik nie. En mens verloor integrale dele van jouself in daardie proses.

En bowenals moet mens nooit die vers in die Bybel vergeet nie: Die liefde lê BO alles. BO hoop en BO geloof.  Sonder liefde is mens onvoltooid.

Goed gaan julle – gaan vind julself. My stryd was nie maklik nie, maar dis gewonne.

Omdat ek so lekker lag en huil met JOU kan deel

En ek vertel jou nou presies soos ons altyd praat. Vanmiddag moes ek mos daardie huurhuis se skoonmaker laat loop. En ek ry met die spoed van witlig hier weg toe sy ‘n Please Call me stuur, soos afgespreek. En dit REëN en ‘n flippen bakkie tou ‘n anner bakkie en dit SIT vas voor my. Blixem maar nou raak ek opgewonde want die TWEEDE Please Call me beep. En ek wil WIL verbysteek want die bakkie-bakkie sit NOG stadiger. En ek dog raait, hier’s my kans en ek druk die gocart tot innie rooi, innie reën en die bakkie-bakkie draai regs, voor my in. Maar ek slaat daai gocart se remme soooo styf innie vloer in dat die karretjie sommer tot stilstand sk—d. Gits, man DIT was netjies, en ek dog GITS man, hierrie kar HET remme en dit nogals in die Kaapse reën!!!  Nouja,  toe kom ek darem nou uiteindelik by die huurhuis uit en gryp die remote en druk die knoppie om oop te maak, maar NIKS gebeur nie en ek DRUK daai knoppie en nogsteeds NIKS!! en ek kyk daai remote en dog IETS lyk verkeerd. Aggeneeeeeeeeee, dis nie die huurhuis s’n nie???!!!  Ek het die bleddie sleutels by die huis vergeet!!! Maar nou staan ek daar en ek dink, goed – ek sal nou bel en vir haar beduie om uit te kom. En ek bel toe maar en sy antwoord Heeeellllooooooooo M^rrem, ek sê I forgot the keys at home and can’t get IN, YOU must please come out. En ek kan hoor sy is gepuzzled want nou weet sy nie WAAR out is nie, want hierrie huis het ‘n moerske klomp deure – I kid you not – man en ek luister hoe sy nou soek virre deur maar sy kry dit nie!! KAN jy glo??? En ek beduie vanaf  innie kar, mens net hande sien waai en ek loer op ‘n kol na die foon want ek kan nou WRAGTAG NIE glo dat hierdie mens NIE daai deur kan kry nie. Ek bedoel, HOE moeilik kan DIT nou wees??? EN ek sê toe maar, LOS ek sal die sleutels loop haal. Draai toe terug 12km weer en die bleddie foon beep weer, maar ek kannie sien nie want ek het toe nie my bril oppie. En ek ry allie pad terug om die sleutels te gaan haal, weer deurie reën… en die foon beep weer maar ek hou fokus. Hardloop in by die huis en verlig vind ek die bos sleutels wat daar eenkant neergegooi is (ek doen nou nogals sooooo nie daai nie) en hardloop terug kar toe. En jaag so biekie – gelukkig was daar geen verkeer nie en STOP by die huurhuis want ek weet mos nou die remme werk goed. En daar staan M^rem se skoonmaker. Buitekant. BUITEkant. Oi!!!!!

Alle geval vriendin – all good, behalwe dat ek laatlam toe moes gaan soek met die skoonmaker innie kar want daai laaste Beep was HY wat vertel – come fetch me please, maar vanne anner foon wat ek nie ken nie.  En toe ek daar kom is HY net weg, maar soos in WEG.  En NIEMAND antwoord daai nommer nie??!  En nou raak sammi wild want die kind het dan nounou NET vertel ek moet kom. Maar dit REEN en ek is in en uit tussen die geboue deur, sopnat later. En toe dog ek WAAAG ‘n biekie – dis nie HIER waar hy issie. Hy’s mos by daai annerplek wat hy my van vertel het van. Sjit. En die skoonmaker se oge is by nou al ook WILD hoor! Sy verstaan hierie m^rem GLAD nie en vra so mooi saggies. Hmmm…How old you are? En ek kyk haar want sy wil regtig weet en ek dog GOOI jou ouderdom. En sy lag hoor, maar sy LAG toe so lekker dat ek maar saam moes lag want sy het gedink ek’s 10 jaar jonger GhieGhieGhie (Ja DAAI ene)

Nouja, liefste vriendin, dit was my middag gewees.

Ons is darem nou almal veilig terug by die huis

Mooibly!!!

Later!!!!

xxxxxx

Vir my mure

Dankie God

Dankie dat U mense oor my pad gestuur het om mure om my te bou

Dankie God

Dankie Ouboet, vir mams se oproep vandag en dat jy kon deel wat ek al so lank voor wag. Onthou jy daai dag amper twee jaar gelede in Jozi toe jy opgewonde vertel het jy het die ring gaan kies en gekoop?  Vir jou H.  Want jy lief haar, maar dat jy bang was???  Oor wat jy gesien het om jou gebeur???  En toe bring die noodlot vir jou ‘n geskenk.  En jy word genoodsaak om te BESLUIT. En NOU het JY.  Op Oumie se verjaarsdag. Ek weet jy doen dit vir die regte rede. Ek weet jy doen dit omrede jy haar liefhet en saam met haar wil wees.

Baie, baie geluk Ouboet – BAIE geluk met hierdie baie belangrike gee aan ‘n ander. Dat jy haar genoegsaam vertrou om ‘n lewe saam met haar te deel. Mams wens julle net die mooiste toe. Ek weet julle ken reeds van afdraaipaaie en anders doen as wat mens beplan MAAR jul gaan hierdie nou SAAM aanpak.

M en H verenig

H, dearest daughter-in-law to be – this is soon going to be your other Mom and I would love to hear you call me that. Distance makes it near impossible to give you an appropriate gift at this point but I give you what I know best. Remember the day you and M went up the mountain and you looked down. That was the world at your feet. Go get it (((((H))))) Go do life with my boy. And thank you sweetheart, for being there for him. I accept you willingly into this family.

H

En weereens net sommer ek Mams is en KAN :mrgreen:   noujatoe: MOVIT MOVIT

Namakwaland se kinners

Is dierbare goed

en as die perde nie meer kannie

dan loop hulle te voet.

Mams, dis waar jou hart nog altyd lê – jou geboorte en grootword wêreld. En vandag is jou verjaarsdag en ek wil jou net ‘n stukkie van daardie gee. Daardie stuk grond wat jou grootword omhels het. Ek wou so graag vir jou fisies soontoe wou kon neem Mams, en jou dankie sê vir al die mooi goetertjies wat jy met jou hande gemaak het vir my. En dankie sê dat jy wel my mams is. En vir jou vertel ek onthou die Rooidam, en die Witputs en die waenhuis. En vir Gideon en Nina. En die groot kombuis en die lag, en veldloop. En die turksvye en die vuurklippe. En ouma Siena. En die bielie-krewe. En sag gebreide bokvelletjies.

Dankie Mams

Mag God jou seën.

Hier is die ou pad soontoe.

Mams

En een van die dae Mams, gaan ek weer ons mense kuier en jou vra om my daar te ontmoet

All hands on deck

Dinokeng Scenarios

‘n Vooruitskouing waarheen die land oppad kan wees deur  ‘n groep van 35 kenners uit verskeie velde vanuit die land. Hulle het saamgespan om ‘n ontleding te doen oor wat die toekoms teen 2020 vir SA inhou. Hierdie verslag is so drie weke gelede gepubliseer.

Hulle skets drie moontlikhede

1) Loop apart wat behels dat die staat en die burgerlike samelewing al hoe meer verwyderd raak met die regering wat verswak, korrupsie wat toeneem en al hoe meer kriminele wat hul eie ding mag en kan doen. Dis dan ook hier waar individue self moet plan maak soos: privaat-hospitale, privaat sekuriteit en privaat skole.

2) Loop agterna – dit skets die vooruitsig dat die regering al hoe meer ingryp in die burgerlike samelewing en die ekonomie met die gevolg dat die ekonomie nie na wense groei nie en waar daar nie vaardighede en werksgeleenthede geskep word nie en uiteindelik lei dit tot burgerlike onrus. Maw ‘n regering wat al hoe meer outokraties raak en regte ontneem van die gewone burger.

3) Loop saam – .(die voorkeur scenario) dit is die ontwikkeling van ‘n vennootskap tussen die burgerlike samelewing en die staat. Volgens DIE vooruitskouing sal burgers en instansies al hoe groter verantwoordelikheid neem om SAAM met die staat ontwikkeling te stimuleer en te moniteer. Die regering se rol verminder en moet aan die bewind bly deur koalisievorming en goeie dienslewering. Politici is baie meer verantwoordbaar aan die burgers.

Wat intens in hierdie bespreking/verslag ‘n rol gespeel het was die hoeveelheid apatie en sinisisme wat ons in ons samelewing sien binne die besigheidsgemeenskap en ook onder normale individue. Hierdie is kommerwekkend gegewe ons geskiedenis. En ook: die rol van elke burger in Suid-Afrika en hoe elkeen kan vertolk wat sy bydrae kan wees om ‘n sukses van Suid-Afrika te maak. Burgers het in die geskiedenis ‘n reuse rol gespeel om verandering voort te bring. Die groot wekroep in die Dinokeng Scenarios is dat die burgerlike samelewing weereens ‘n groot rol het om te speel in die veranderinge in ons land wat nog moet gebeur om historiese ongeregtighede regtig weg mee te doen.

Voorheen was daar ‘n politieke rede vir die opstand teen ongeregtighede, maar nou wonder mens wat die vonk gaan wees of WIE moet nou lei in die burgerlike samelewing. Daar is ‘n delikate balans oor die tipe van debatte wat nou verder moet plaasvind oor ‘n samelewing wat onder andere deur die ressessie ook getref is asook diens lewering en die volgehoue vlakke van ongelykheid in ons land. . Die kernboodskap in die Dinokeng scenarios is die verskil tussen scenario twee en scenario drie (die loop agterna of die loop saam) in scenario 2 is dat die stem van die individu DIE is van opstand en die boodskap in die 3e scenario dat die burgerlike samelewing oor hierdie kwessies MOET praat in vennootskap met die regering SONDER die toon van opstand en DIS die verskil tussen die twee.

Scenario 3 stel duidelik dat daar ‘n effektiewe staat moet wees. Die staat speel ‘n rol in genootskap met sy burgers .

Hoe gebeur die ideale scenario? Ons moet dit duidelik maak dat ons in SA nie meer ‘n outorit^re staat wil HÊ nie, want die moontlikheid is dat indien ons net agteroor sit en net met tye van verkiesings ‘n merkie gaan maak, scenario 1 PLUS 2 beslis SA se voorland gaan bly. Ons moet aktief debatvoering afdwing by die regte forums. Wat kan burgers van die land dan DOEN omrede hul voel hul staan met afgekapte hande en hierdie scenario twee se houding en probleme van elders kom? Die burgers moet meer  begin betrokke raak met aktiewe debatvoering met onder andere polisieforums, skoolrade ens.

Laat jou stem hoor.

Eers moet ons identifiseer waar hierdie “fault line”  lê binne ons samelewing voordat ons dit aktief kan aanspreek.

Ongelykhede,Klasverskille, Wat bekostigbaar is, Bewuswording, ‘n Nuwe sin van verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid.

Ons moet meer en meer oor hierdie scenarios met mekaar begin praat. Mense op voetsool vlak moet hierdie deel van elke dag maak.

All hands on deck

All hands on deck

Die rol van elke burger in SA is belangrik en behoort deel te vorm van die oplossing. ‘n Hele paar van hierdie kenners gaan deur die land begin reis om “werkswinkels:” hieroor te reël. Raenette Taljaard was in gesprek met Freek Robinson hieroor op Spektrum gister. Ek glo ons moet hierdie ondersteun wyd en suid. Selfs Trevor Manuel verstaan nogsteeds nie 100% dat scenario drie werklik die oplossing is nie, maar daar is ‘n paar sterk mense agter hierdie inisiatief.

http://www.dinokengscenarios.co.za/ vir verdere inligting

Terwyl wederhelf in KZN moes huis oppas asook die huisdiere het ek hierdie kant ‘n klomp huise gaan kyk.  Om te huur, want die KZN huis het nog nie verkoop nie.

En ek vind toe om en by 5 wat ek kon kortlys.

Nou moet ek bysê, dat die up-country mense besig is om die voorraad  op te raap, mense van Johannesburg, Pretoria asook Durban is nou vinnig besig om die Wes-Kaap, maar veral hierdie dorp aan die voet van die Hottentots – Hollandse berge asook die Helderberg, te kom “beset”.

Hmmm ja, ek’t nogal gedink dat dit sou gebeur toe ta’Zille so netjies kom oorneem het.

Wederhelf het afgevlieg  die laaste week wat afgestaan is om ‘n huis te verseker vir die gesin.

Hierdie huis is al 35 jaar oud, maar dit het gevoel asof dit vir altyd daar gestaan het. Die groot vensters het uitgekyk oor ou bome na die berge.  Uit die hoofslaapkamer kon mens die see aan die regterkant sien.

House

Die hele agtertuin het bestaan uit natuurlike dammetjies en ‘n watervalletjie. Pragmooi.

En hierdie was die uitsig van bo af – mooier as prentjiemooi.

Uitsig

Ons het dadelik geweet HIERDIE is die IT-house.

Maar dit was ons nie beskore nie, omrede miskommunikasie tussen ons en agente verkeerd geloop het.

Tata, pragtige woning – mag  jou volgende inwoners jou so geniet soos ons sou.

Wie is Ding?

Ek gaan vir Ding probeer beskryf soos ek hom leer ken het oor die laaste paar maande maar veral weke.

Sodat mense hom beter kan verstaan.  Sodat mense kan ophou wonder oor hom en sy “probleme”.  My ervaring – my begrip oor hom.

Ons het mekaar slegs leer ken agter die skerms. En om die waarheid te sê ek ken Ding se van nie eers nie.  Ek ken slegs sy eerstenaam. Maar niks hiervan maak saak nie, want ek het Ding leer ken as MENS en as man.  Ons het gestoei oor liefde, oor mense en so nou en dan gepraat oor landsake en die ANCYL asook die CNA.  Ons het ge-DIEkant toe en DAAIkant toe, nie elke dag nie, maar soos en wanneer.

En oppe dag was my hart bitter seer oor iets en toe het ek hom daarvan vertel, want ek het hom leer vertrou. En ek het uitgereik na hom. Hy het my kom antwoord op stellings/vrae met die diepste begrip, deernis en teerheid. TOE verstaan ek waaroor Ding gaan. En TOE besef ek dat al sy skrywes op sy blog heeltemal en oop en eerlik is.  Ding dra sy hart op sy mou.

Maar WAAROOR gaan Ding?  Ding gaan oor liefde.  Hy gaan deur homself bloot te lê en ander bewus te maak van die lewe en naasteliefde.  Maar ook van seer en donker tye.  Ek kon nie verstaan hoe ‘n man sy werklike gevoelens SO bloot kon lê nie, homself SO kan oopmaak vir pyn en verwerping nie en dit in die publieke oog.  Dat hy kan openlik praat van hoe hy ween en hoe bedroef hy kan word nie.  TOT op daardie oomblik.

Ding glo die siel is die alpha en omega – die begin en einde. Ding glo die siel is om God te dien. Ding glo aan naasteliefde en om in almal daardie te verwek. Diegene wat dit nog nie verstaan nie. Diegene wat nog soek.

Maar agter Ding staan ‘n man, LX.  En LX raak ook moeg en broos en LX het twee engele.  Ene in haar oerwoud naby hom wat baie, baie belangrik is vir ding en LX. En beide sal haar altyd beskerm en na haar omsien.  Want dis wat Ding doen.  Sy ander engel ver van hom is die vrou by wie hierdie man, wanneer hy moeg is, wou gaan rusplek hê.  Maar daardie engel kan nie in hierdie leeftyd nie. Tog sal hul mekaar kan dra deur tye van nood.

En hierdie was my grootste ontdekking van die enigma van Ding. Ding behoort aan almal.  Ding is sy twee engele s’n, Ding is joune en Ding is myne. Ding is ons almal s’n.  Sy lewensroeping is sy blueprint.  Dis hoe dit is.  God het so besluit lank gelede.

Toe Ding my eendag vra, Soeksoek wys asb vir Ding ‘n stukkie van ‘n vrou se siel, want ek verstaan nie, kon ek nie – ek het nie geweet HOE nie, want daardie was buite my verwysingsraamwerk.  My siel lê in ‘n anner dimensie, Ding – my siel behoort aan God, het ek later besef.  Ons het oor siele ook gesels en harte en breine. Want Sammi dink eerste met haar kop en Ding dink eerste met sy hart.

Ding en ek het 6 sleutels gebruik wanneer ons so praat, sonder stemme.  Eerlik,  opreg, volwasse,  met deernis,  met regverdigheid (daai een het ek nogal mee gesukkel)  en ‘n konneksie.

Ding kon deur my panster dring met geduld en deernis (ek dink aan Boendoe se beskrywing van my: koel Sammi met die vurige hart) – en ek kon leer by ding dat om hartseer en kwaad te raak is ok.  Wees mens, wees vrou vertel hy.

Ding, vandag weet ek soveel meer oor dit.  Vandag besef hierdie “koel” Sammi dis goed om ook vrou te wees.  Om net ook MENS te wees. Ek sê vir jou DANKIE – ek sê vir jou,  JY is meer mens as enige ander. JY gee meer as ander en JY is ook net man.

JY, LX vir jou wens ek daardie rusplek toe. Daardie een vrou wat jou moeë mens kan koester en beterder maak. Wanneer jy nie meer op jou eie kan nie.

Hierdie is my gejaarsdag geskenk aan jou. Ek weet nie hoe anders nie. Môre kan jy vir Moedertjie gaan dankie sê dat sy jou in die lewe gebring het. Môre kan jy vir jouself geluk wens dat jy so slim gekies het.

Ek sê hierdie aan bittermin mense LXding –  buite my eie mense.

Soeksoek lief jou.

Vir ‘n rukkie

Gaan ek weg wees

Maar los julle hiermee:

Wees lief vir jou naaste, wees lief vir hulle ten spyte van hul gebreke. Praat met jou buurman. Praat met die mens voor of agter jou in die ry by die supermark. Glimlag en wees warm teenoor ‘n ander.  Leer jouself ken, leer waaroor alles gaan. Vind uit waar jy inpas.  En pas aan by dit.  Wees net .

Alpha en Omega,  Abba LIG.

Dankie vir alles

Tot annerdag

Older Posts »